SA se Patrice Motsepe nou hoof van Afrikasokker

Patrice Motsepe (Februarie 2019) (Foto: Karen Sandison/African News Agency/ANA)

Patrice Motsepe is Vrydag in Rabat as die president van die Konfederasie van Afrikasokker (Confédération Africaine de Football of CAF) aangewys. Die Suid-Afrikaanse mynmagnaat het om eenheid gepleit en onderneem om dié beleërde organisasie reg te ruk.

“Afrika het kollektiewe wysheid nodig, maar ook die sonderlinge talent en wysheid van elke [nasionale sokkervereniging]-president en elke lidland,” het Motsepe gesê. “Wanneer ons almal saam werk, sal sokker in Afrika sukses en groei ervaar wat nog nie in die verlede beleef is nie.”

Motsepe het gesê dit is “uiters dringend” om “die finansiële posisie van die CAF te stabiliseer”. Hy plaas ook klem op die verbetering van die prestasie van Afrikaspanne op die internasionale verhoog.

Die kontinent het die afgelope paar jaar verskeie terugslae beleef met al vyf kwalifiseerders vir die 2018-wêreldbeker in Rusland wat in die groepfase uitgeval het.

Motsepe het gesê “die wêreld sal ons eers respekteer” wanneer Afrikaspanne internasionaal suksesvol is. “Nie wanneer ons beste spelers in Europa – Samuel Eto’o, Didier Drogba, Salah, Mane van Liverpool en George Weah – in Europa gerespekteer word nie. Ons het dit reeds gedoen. Ons wil hê ons nasionale spanne moet wen en sukses behaal.”

Motsepe neem die leisels oor van ʼn organisasie wat nog steier ná Malagasy Ahmad Ahmad die eerste CAF-president geword het wat verlede jaar in November deur Fifa verban is, met ʼn vyf jaar opskorting vir “bestuurskwessies” (dit is later op appèl in die Arbitrasiehof vir Sport na twee jaar verkort).

Motsepe is die negende rykste man in Afrika met ʼn geraamde persoonlike rykdom van $2,9 miljard (sowat R43,3 miljard) deur Forbes-tydskrif. Hy besit die 2016 CAF Champions League-wenners Mamelodi Sundowns.

Hy erf ʼn organisasie wat deur die Daily Maverick beskryf is as “ʼn vuilput van korrupsie en selfbelang”. “CAF moet dringend wegbeweeg van sy ou weë, geïnstitusionaliseerde gebruike en die idee dat hy diegene dien wat op die uitvoerende komitee sit, eerder as andersom,” het die publikasie geskryf.

CAF maak staat op Motsepe om sy sakebelange-verbintenisse in Afrika te gebruik om nuwe borge te lok. Total, die Franse olie- en gasreus, is die hoof- finansiële borg, maar besonderhede oor die agtjaarooreenkoms wat in 2016 gesluit is, is nooit bekendgemaak nie. “Vyf-en-negentig persent van ons gesprekke sal oor sokker wees, maar ek wil ook hê die 5% moet gaan oor die besef dat sokker nie sukses sal behaal of vooruitgang sal beleef sonder ʼn vennootskap met die privaat sektor nie,” het Motsepe bygevoeg. “Ons het vennootskappe met die privaat sektor nodig om ʼn groter inkomstestroom beskikbaar te maak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Johan ·

Wat se prestasie is dit, dit is dieselfde as om die president van Sad-Afrka te wees. Niks om op trots te wees nie.

Willem ·

Só koop jy n sogenaaamde hoë posisie!Sokker sucks elk geval!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.