Minstens 16 mense in ’n toerbus is Sondag beseer toe ’n bom langs die pad naby die Giza-piramides in die buitewyke van Kaïro in Egipte ontplof het.
BBC berig die meeste van die toeriste in die voorval is Suid-Afrikaners. Niemand het in die voorval omgekom nie en die beserings wissel van gering tot matig.
Die bom het naby die heining van ’n museum naby die piramides afgegaan en foto’s van die voorval wys hoe die toerbus se vensters weens die impak van die ontploffing aan skerwe gespat het.
Volgens Al Jazeera is dit die tweede voorval binne ’n kwessie van ses maande waarin toeriste naby die piramides in ’n bomaanval betrokke is.
Drie Viëtnamese toeriste en ’n plaaslike toergids is in Desember verlede jaar dood in ʼn soortgelyke voorval sowat vier kilometer van die piramides.
Dit is nie in dié stadium duidelik wie vir die jongste bomaanval verantwoordelik is nie.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
10 Kommentare
Is Ons Suid-Afrikaners dan nêrens meer veilig NIE ? ???
Ek was in 2014 in Egipte en kan in alle eeelikheid sê ek was nog nooit in my hele lewe so bang soos daai tyd nie. Daai plek het ‘n aaklige atmosfeer. Sien my nie weer nie.
Vuilste toilette in my lewe in Egipte gesien.
Die anc het seker alle begrip vir die bomplanters, dit was mos hul eie modus operandus in die ou Suid Afrika.
Tragies