SA veroordeel missielaanval op Sirië

Missiele tref Damaskus (14 April 2018) Foto: AP Photo/Hassan Ammar

Die Suid-Afrikaanse regering het Maandag gesê hy is “diep bekommerd” oor die VSA en sy bondgenote, Frankryk en die Verenigde Koninkryk, se missielaanval die afgelope naweek op Sirië.

“Van die begin af toe die Sirië-krisis begin het, het Suid-Afrika deurlopend gevra vir ʼn vreedsame oplossing vir die konflik,” het Ndivhuwo Mabaya, woordvoerder vir die minister van internasionale verhoudinge en samewerking, gesê.

“Die beweerde gebruik van chemiese wapens in Sirië is nie ʼn regverdiging vir militêre lugaanvalle in ʼn gebied van ʼn soewereine staat sonder die goedkeuring van die Verenigde Nasies se veiligheidsraad nie. In dieselfde asem veroordeel Suid-Afrika die gebruik van chemiese wapens deur enige party in die Siriese gebied.”

Maroela Media het vroeër berig Amerika en sy bondgenote, Frankryk en die Verenigde Koninkryk, se missiele het Sirië Saterdag getref om Basjar al-Assad se regering te straf oor ʼn beweerde chemiese aanval op siviele burgers en om die regering te ontmoedig om weer dié verbode wapens te gebruik. Altesaam 105 missiele is na Sirië gestuur (85 van die VSA, 12 van Frankryk en agt van die Verenigde Koninkryk).

Die missiele is van oorlogskepe in die Mediterreense See afgevuur. Beamptes van die Pentagon, wat anoniem wou bly, het gesê Sirië se lugverdediging was ondoeltreffend.

Die Westerse lande blameer Assad vir die chemiese aanval op 7 April in Douma wat talle mense se lewens geëis het. Die Siriese regering en sy bondgenoot, Rusland, het ontken dat hulle betrokke was by die aanval.

Mabaya het gesê Suid-Afrika staan steeds sterk in sy mening dat die kwessie opgelos moet word binne die organisasie vir die verbod op chemiese wapens (OPCW) en die VN-veiligheidsraad. Hy het gesê Suid-Afrika doen ʼn beroep op al die lede van die VN-veiligheidsraad om pogings te verskerp om ʼn vreedsame oplossing te vind.

Die afgelope naweek se lugaanval is die grootste ingryping nog deur Westerse lande teen Assad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Wessie ·

Die SA regering kan nie eers hul eie burgers se veiligheid op straat waarborg nie, maar het altyd ‘n eier te lê oor ander lande.
En die ‘beweerde’ gebruik van chemiese aanvalle deur Sirië blyk nie bewerings te wees nie, daar is mense dood!
Het ons lamsakkige regering enige veroordeling daaroor uitgespreek?

TLC ·

Lag ek my n paapie sa regering het gevra Al wat S.A. doen is vat en hul weet nie van vra nie So asof eninge ander land hul gaan steur aan wat S.A. vra ???????????????

Johan ·

SA kan maar ophou kommentaar lewer…hulle moet eerder kyk na wat gebeur binne hul eie land…die.moorde op boere wat hulle “goekeur” met hul stilswye. Dink SA dat enige van hierdie moondhede hul enigsins aan hulle steur…???

Manie ·

Die anc het ongelukkig die geneigdheid om die oortreders van menseregte te beloon met hulle lojale ondersteuning. Wie in die weste gee nou elkgeval om wat hierdie mense aan die Suidpunt van Afrika te sê het

Lekker bang ·

Ja toe julle en Malema dink mos julle is koning en julle keur die aanvalle op boere goed en hits dit aan, wag tot die eerste missiel uit VSA SA tref dan praat ons weer oor KILL THE BOER en GRONDONTEIENING!

Willie ·

Ek is seker die VSA en sy bondgenote het hulself so pas doodgeskrik vir die teregwysing

Willie ·

Die mees ontstellende feit is dat al die kommentators dink Syria het chemiese wapens gebruik. Die westerse hoofstroom media het hulle werk goed gedoen.

Gerhard ·

Assad het baie meer mense dood gemaak met doodgewone wapens. Hy kry maar net wat hy verdien as die VSA, VK en Frankryk eendag wel besluit om hom te vat. Gelukkig vir hom is hy nog nie regtig belangrik genoeg nie.

Nico K ·

Ek was verbaas met die kommentaar op vorige berigte hoeveel Afrikaners aan die Moslems se kant is. Maar ek sien hulle stem darem saam met die ANC.

Donald ·

Daar word bespiegel dat Asad n Christen is. Indien hy nie is nie is dit steeds Moslems wat veg teen Moslems en Christene Amerika En Rusland wat aan weerskante van mekaar staan. Rusland is egter baie Meer Christen as die VSA en staan agter Asad waar Amerka die moslem rebelle ondersteun. Ek kan dus nie sien hoe iemand kan se vir Moslems of teen nie. Kyk in Frankryk en Engeland is die populerste naam vir kinders Mohamed en is al goed vermoslem.

John ·

… dis om heel ander redes dat die regering die Weste aanvat. Eintlk gaan dit oor die Palestyne… maar hoe sal hulle die verskil ken. Geen bewyse is gevind van ‘n aanval nie en die nabygelee hospitaal het volgens Rusland nie ‘n toestroming gehad nie. Hierdie is die tipe inligting wat wereldoorloe aanvuur. En die Pentagon, Navo en 007 wil so graag nou Rusland takel. Skielik is Brittanje en Frankryk ook betrokke…. aai daai lekker oliebronne in Sirie… groot geld vir makeup vir die skone kappokhaantjie en moeder Theresa II.

Gerhard ·

So wat Rusland se is die waarheid en wat die VSA, VK en Frankryk se is ‘n leun? Ons sal mos die ouens glo wat gese het hulle het geen weermag in Krim nie terwyl almal nou kan sien hulle het.

Oom Kalahari ·

SA kan nou nie eers sy eie interne misdaad bekamp nie, maar wil nou op die donkiekar spring oor ‘n land wat chemiese wapens teen sy mense gebruik. Dalk moet SA oorweg om paar troepe te stuur ter ondersteuning van Sirie en Palestina en kan die troepe darem positief aangewend word. Mabaya moet VSA , Frankryk en Britanje direk per skrywe waarsku dat hy nie hul optrede goedkeur en sal optree. Hierdie lande moet weet hul is in die minderheid en dat die meerderheid (massas) die kitaar snare tokkel.

DewaldS ·

Dis vir my moeilik om fout te vind met wat Mabayo gesê het – sy opmerkinge is 100% in lyn met hoe die internasionale wet en die VN veronderstel is om te werk.

Herman Goosen ·

Die ANC regering is vining om hul sosialistiese tjommies te help. Die fwit dat die russe die Siriese diktator ondersteun om minderheidsgroepe te onderdruk en uit te moor word geensins veroordeel nie

Marius ·

Die staat sal veroorsaak dat ons nie meer vir ons familie in die VSA kan kuier.Hulle wil maar net he die russe moet voel hulle help.

Gerhard ·

Hoe gouer Trump tot sy sinne kom en die Russe ‘n pakslae in Sirie gee sodat dit tot ‘n einde kan kom hoe beter. Die storie draai al reeds te lank en jy kan sy voorganger Obama daarvoor bedank.

Koos ·

Ek hoop die vsa wis die hele afrika uit , dit kan net die wereld n beter plek maak.

Mrs H ·

Ag Mabaya, ou derde wereld ministertjie…hou jou onkundigge gebreklikke denke en oppinies eerder vir jouself. Jy kon “van die begin af” nie vrede verwek nie. Die mense met wie jy praat, kyk na die gemors wat jou eie land in is en lag hulle agter ente af vir jou grootbek rommel wat jy kwyt raak. Jy pee soos n puppy, bly weg van die bulldogs Mabaya! By hulle werk BE glad nie, ook nie White Empowerment nie! Net intiligensie en geleerdheid met ervaring.

Karel ·

My wéreld, Trump moet pasop, nou nou val SA met sy een en half vliegtuie en sy vlootjie die VSA aan.

Marthinus Willemse ·

Dit is normale praktyk dat lande hul mening lug oor sekere insidente. Ons antwoord is goed diplomaties: ons veroordeel die aanval, maar ook enige chemiese aanval. Dit is nie `n kinderagtige geteem nie, maar stel net ons land se standpunt, op `n volwasse manier.

In die 21ste eeu kan `n land, enige land, slegs oorlog maak om twee redes: 1, as die VN sê dis reg, en 2, in selfverdediging. Die trio se aanval was nie deur die VN goedgekeur nie; dit was onwettig. Sirië het nou die reg om terug te veg, en ek is seker as hulle dit doen, sal die trio dadelik by die VN gaan kerm.

Wat vreemd is aan hierdie aanval, is dat die OPCW eers Saterdag met hul ondersoek sou begin. Het die trio iets gehad om weg te steek, dat die aanval skielik Saterdagoggend uitgevoer is? Wou hulle bewysstukke vernietig?

PJC ·

Ons weet mos almal dat die ANC daarvan hou om die muishondlande van die wêreld te steun. Hierdie lande laat hulle as ń voormalige terroriste organisasie wat baie onskuldige mense vermoor het baie beter voel oor hulself. Met hul reputasie moet dit maar vrek ongemaklik wees in ordentlike geselskap.

Oom Kalahari ·

@PJC, ja die groot vyf is mos die BRICS lande……Brasilie, Rusland, Indie, China en Suid-Afrika. As Julius vinger klap dan sing die koor. Drie lande sou nie in koalisie ‘n aanval loods op Sirie se Chemiese vervaardigings aanleg sonder ‘n geldige rede en bewyse nie.

Marina ·

Pleks hulle eerder konsentreer op wat in hul eie land aangaan en iets daadwerkliks daaromtrent doen

Donald ·

Krim is nou deel van Rusland so daar mag “nou” weermag wees om te sien.

Hkgk ·

Hulle kerm oor die doodsyfer in die aanval maar honderde boere en ander onskuldige inwoners in SA is maar ok. Dit is mos maar n probleempie van hoe misdaad syfers…. En soos volstruise steek hulle kop in die grond weg. Shame. Hulle moet ook n eiertjie le sodat hulle tog net beter lyk

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.