SA vlieënier sterf in China

Foto: Xinhau

Foto: Xinhau

ʼn Suid-Afrikaanse vlieënier is Saterdagoggend in China dood.

Die vlieënier is dood nadat sy XA-42-vliegtuig, ook bekend as ʼn Sbach, by ʼn lugskou in Zhangye in die Gansu-provinsie neergestort het. Die organiseerders van die lugskou het bevestig dit was ʼn Suid-Afrikaanse vlieënier.

ʼn Video van die voorval wys hoe die vliegtuig skielik buite beheer raak en dan in die Gobi-woestyn sowat 100m van die lughawe se aanloopbaan neerstort. Niemand anders is tydens die voorval beseer nie. Die voorval word ondersoek.

Die vlieënier was volgens berigte deel van ʼn Amerikaanse groep kunsvliegvlieëniers. Die groep se vlugte is gekanselleer na die voorval. Die lugskou het egter voortgegaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Dankietog ·

Dis goed so want dis net die goedkoop sesnasiesoekende leegkopmedia wat beeldmateriaal van ongelukke publiseer.

Jacoba ·

So jammer, sterkte vir al die geliefdes, wees daar vir mekaar want glo dis hartverskeurende ongeluk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.