SA vrou gaan in Kanada vervolg word

Foto: Brian via Wikimedia Commons ("Departing Toronto Pearson")

Foto: Brian via Wikimedia Commons (“Departing Toronto Pearson”)

ʼn Vrou van Sandhurst in Johannesburg wat glo ʼn vlugkelner met ʼn bottel water gegooi het, gaan krimineel aangekla word in Kanada, het die Sunday Times berig.

Nomantangwa Babhekile Johansson (30), die vrou van Lars-Eric Johansson, uitvoerende hoof van Ivanhoe Mines, was op 17 Desember met Air Canada op die vlug van Londen na Toronto toe die voorval plaasgevind het.

Die vliegtuig moes na Halifax Stanfield Internasionale Lughawe herlei word waar sy in hegtenis geneem is. Sy het die aand in polisie-aanhouding deurgebring voordat sy in die hof verskyn het om aansoek te doen om borgtog.

Greg Church, woordvoerder vir die koninklike Kanadese berede polisie (RCMP), het gesê Johansson is vrygelaat nadat sy borgtog van R100 000 betaal het. “Sy moet elke Vrydag telefonies by die lughawepolisie aanmeld en sy moet in Kanada bly totdat die saak deur die hof afgehandel is,” het Church gesê.

Volgens mediaberigte in Kanada staan Johansson tereg op ses aanklagte insluitend aanranding met ʼn wapen en dat sy ʼn steurnis veroorsaak het.

Sy het haar paspoort ingehandig en bly by familielede in Ontario. Sy moet op 22 Januarie weer in die hof verskyn.

‘n Video van haar aankoms by die polisiestasie na haar inhegtenisneming is op The Chronicle Herald te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

johan ·

dit is nie suid afrika waar jy met moord weg kom nie , mooi man

Drieks ·

Ons 1994 Suid Afrikaners verstaan nie die woord” Menseregte” nie.
Kan Zuma ophou “Leuns” versprei en sy land se burgers opvoed.

Asjas ·

Jul eerste paragraaf maak nog steeds nie sin nie. Lees iemand die berigte voor jul dit publiseer?
Sal maar nie se wat ek oor die inhoud van die berig gese het nie, blykbaar is dit nie publiseerbaar nie.

Maggie ·

Ek het die berig 2x gelees om te sien wat onverstaanbaar is. Ek stem nie saam met jou nie. Als is vir my duidelik.

Sollie ·

Ja-nee kyk, hulle kan hulself nêrens gedra nie! Ek hoop sy kry wat haar onmanierlikheid haar laat toekom. Mens wonder ook nou weer oor die eggenoot – ja nou maak ek die spreekwoordelike “can of worms” oop – is dit dalk ‘n “gerieflikheidshuwelik” – lees BEEE compatible! Wat sou die Sweed (neem aan dis ‘n Sweed as ek na sy name kyk) dink van sy vrou se gedrag??

Jan ·

Het hulle nie polisie bakkies in Kanada nie? Dit sou ‘n meer vanpaste manier van vervoer vir haar gewees het…………met ‘n “roofie drive” sommer passela !

pop ·

Jy kan die” kommin” in Sandhurst gaan neersit maar Sandhurst kan nie die kommin uit jou haal nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.