SA vrou sterf voor hofverskyning in Botswana

Sir Seretse Khama Internasionale Lughawe in Gaborone, Botswana Foto:  Shosholoza via Wikimedia Commons

Sir Seretse Khama Internasionale Lughawe in Gaborone, Botswana Foto: Shosholoza via Wikimedia Commons

Tamara Louis Azevedo van Suid-Afrika is dood voordat sy op aanklag van dwelmhandel in ʼn hof in Botswana kon verskyn.

“Azevedo is in Maart 2014 by die Sir Seretse Khama Internasionale Lughawe in hegtenis geneem,” het ʼn Sapa-korrespondent berig. “Sy het van Indië via Kenia gereis.”

Doeanebeamptes en lede van die polisie het 20 kg efedrien in haar bagasie opgespoor. Sy is met 5 000 Botswana Pula (ongeveer R6 000) beboet. Sy het die bedrag betaal om tronkstraf van ses maande te vermy.

Dit is wettig om efedrien in Botswana te besit, maar die invoer daarvan moet by die betrokke owerhede geregistreer word.

Nadat sy die boete betaal het, het Azevedo na Suid-Afrika teruggekeer waar sy gesterf het. Sy moes in Maart weer in die hof in Botswana verskyn in verband met die oorhandiging van die dwelmmiddels.

Haar prokureur, Friday Leburu, het gesê die saak sal nou ineenstort, aangesien Azevedo nie ʼn agent vir haar boedel opgestel het om die saak namens haar te bedryf nie. Hy het nie bekend gemaak hoe sy kliënt gesterf het nie.

Landdros Goodwill Makofi het gesê die dwelmmiddels sal nie outomaties aan die staat terugbesorg word ná Azevedo se afsterwe nie. Die direkteur van gesondheidsdienste sal eers moet aansoek doen vir die dwelms om aan die staat oorhandig te word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.