Saak laat vaar teen vrou wat Mugabe glo beledig het

Martha O’Donovan. Foto: ANA

Die saak teen die Amerikaanse joernalis wat in Zimbabwe in hegtenis geneem is nadat sy pres. Robert Mugabe vroeër glo beledig het, is Vrydag uit ʼn Zimbabwiese hooggeregshof gegooi.

Martha O’Donovan, wat Mugabe glo as ʼn “siek en selfsugtige” man beskryf het, is in November verlede jaar by haar blyplek in Harare in hegtenis geneem op aanklag van ondermyning en was ʼn week lank agter tralies.

O’Donovan is ʼn week ná haar inhegtenisneming op borgtog van $1 000 vrygelaat nadat sy ontken het dat sy die president ondermyn het.

Landdros Rumbidzai Mugwagwa het vroeër aan die polisie opdrag gegee om met “nuwe en relevante inligting” vorendag te kom en gesê die polisie se saak teen O’Donovan het verskeie leemtes.

Mugwagwa het Vrydag beveel dat die saak van die hofrol geskrap word. O’Donovan se rekenaars, selfone en ander elektroniese toestelle is glo aan haar terugbesorg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Rupert Ashford ·

Die grap is, as Mugabe nog die prez was, was sy skuldig bevind en sou niemand die meriete van die saak bevraagteken het nie. Selfde geld aardskuddunde uitsprake oor universiteitsvoertaal en die Pennys, Zilles etc verder suid. Die sg geblinddoekte dame met die weegskaal is ook maar ‘n klug.

PJC ·

Ons beurt kom. Kyk maar hoe neem die omstrede uitsprake toe. As die neiging voortduur wag daar groot probleme.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.