Saak teen prins Andrew geskrap ná skikking

Prins Andrew (Foto: CHRIS JACKSON / POOL / AFP)

ʼn Regsgeding vir seksuele aanranding wat in New York teen prins Andrew deur sy jare lange aanklaer Virginia Giuffre aanhangig gemaak is, is formeel van die rol geskrap nadat die Britse koninklike ʼn geldelike skikking betaal het, het hofstukke Dinsdag getoon.

Die partye het in Februarie buite die hof op ʼn onbekende bedrag geskik, wat die seun van koningin Elizabeth II van die openbare vernedering van ʼn hofverhoor gespaar het.

Albei partye het ingestem dat die saak in ʼn federale hof in New York laat vaar word en regter Lewis Kaplan het dit Dinsdag bekragtig.

Verlede maand se ooreenkoms het verklaar dat die partye ʼn mosie vir ontslag sou indien “ná Giuffre se ontvangs van die skikking”, wat daarop dui dat die skikking uitbetaal is.

Giuffre (38) het gesê sy het seks gehad met Andrew toe sy 17 jaar oud – minderjarig onder Amerikaanse wetgewing – was en het hom ontmoet deur die ontslape Amerikaanse finansier Jeffrey Epstein.

Epstein het in 2019 sy eie lewe geneem in ʼn New Yorkse tronksel, waar hy verhoorafwagtend was vir seksmisdade.

‘n Foto van prins Andrew en Virginia Giuffre in die 90’s. Ghislaine Maxwell kan in die agtergrond gesien word. (Foto: Verskaf deur AFP)

Die prins (61) is nie strafregtelik aangekla nie en het die bewerings teen hom ontken.

Die Daily Telegraph-koerant het berig dat Andrew ʼn bedrag van £10 miljoen (sowat R200 miljoen) aan Giuffre en £2 miljoen (sowat R40 miljoen) aan ʼn liefdadigheidsorganisasie vir slagoffers van sekshandel betaal het.

Andrew is in Januarie van sy militêre ererolle en koninklike beskermheerskap onthef. Hy het in 2019 uit die openbare oog as ʼn toonaangewende figuur van die Britse koninklike familie verdwyn nadat hy wyd gekritiseer is vir ʼn BBC-onderhoud waarin hy probeer het om homself van Giuffre se bewerings kwyt te skeld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Martie Smartie ·

Lekker los gekoop. En die prokureurs lag hulle n papie, hulle sluk n groot deel van die loskoopprys

Samuel ·

Ons het ‘n prez gehad wat meisies verkrag het en toe gaan stort het….. Net so erg.

JohanR ·

Nie net gaan stort nie maar gedink die Lux seep sal verhoed dat hy Vigs kry. Die ou was rerig dom verby!

JohanR ·

Lyk my jy kan enigeiets bereik met genoeg geld! Miskien homself vry gekoop, maar die stink sal altyd aan hom wees.

Hennie Biebouw ·

Aah ja, ‘n geldjie hier en ‘n geldie daar, en siedaar, weg is die emosionele skade. Ek sou baie meer respek vir die dame gehad het sou sy volgehou het met die hofsaak, sonder enige skikkings. Sodat die waarheid kon uitkom…..

Renier ·

As hy skik is dit so goed soos skuld erkenning. Wat het jy verwag van die britse troon, almal ewe mal. En dan is Elizabeth nie eers regtig die koningin nie. Basters in die familie.

Hennie Biebouw ·

Nee. Skik en skuld erken is nie naastenby dieselfde ding nie. Nie eens amper nie

Frank ·

Sekerlik een van die topverdieners in haar beroep en enige mens op aarde wat na die foto kyk sal saamstem dat sy heeltemal gewillig en bewus was van wat aangaan

Rooikopheks ·

Vir seker, en dit het nie by 1 keer gestop nie. Nou hoe kan sy nou onskuldig skree?

Johann ·

Ao as jy ryk genoeg is en invloed het…is geld die oplossing. EN as die geld genoeg is…is als ok en stap jy weg?

Delia ·

Wat n skande. So die geld was genoeg vir Virginia. Wie kla sy nou volgende aan.
So kom almal skotvry.
Sy het dan self gesê hy moet tronk toe gaan.
Maar So n klomp geld verander seker gou jou opinie.
En hy betaal maklik vir iemand wat onskuldig is.
Lyk my al die howe is maar dieselfde oral oor die wereld.

Mariana ·

Sy behoort nou weer so te glimlag soos op die foto, miljoene ryker. Hy behoort ook tevrede te voel, miskien miljoene armer, maar tevrede.

Witbaard ·

Al wat sy wou hê is geld. Dink regtig nie sy was daardie tyd onwillig nie. Verseker “pronkregte” ook gekry deur met n prins te slaap

Manie ·

Geen twyfel dat hy wel seks gehad het met die meisie nie! Sy was gewillig en beskikbaar, wel wetende dat dit al ‘n vorige keer gebeur het. Tog het sy nie gekla nie. Nou aanvaar sy omkoopgeld wat hy offer! Wat maak dit nou van haar.?

madels ·

Sy is darem vinnig om die geldjie te ontvang!?? Ek stem nie saam met wat hier gebeur het nie maar dis amazing hoe sy van albei partye maar te alte graag die geldjie ontvang het.

Dienie ·

Wel ek kyk nou na die ander kant ook. Hierdie meisie wat sogenaamd onder ouderdom was, wat het sy daar gemaak? Het sy na die oom van die huis se kinders gekyk of dalk vir een van sy kinders gaan kuier en toe gedwing om seks te he? Hierdie “buite die hof skik” klink ook maar of sy al baie jonk besig was seksuele dinge en toe slaan sy die goudmyn nadat hulle op die gasheer toegeslaan het.

Daar is baaaaaie mans wat hierdie tipe dames opsoek en ek glo baie van hierdie dames verstaan op so vroeg as 15 waarmee hulle besig is.

AH ·

Ek wonder net wat gemaak het dat die meisie saam met die Epstein ou en die Prins uitgehang het? Volgens die foto hierbo lyk dit nie of sy ‘n onskuldige slagoffer is nie. Ek praat geensins verkragting goed nie, maar die liggaamstaal spreek boekdele. Laat my wonder of sy ooit vir die Prins gesê het wat haar ouderdom is? Miskien het sy agterna besef sy kan vir haar ‘n gawe neseiertjie bewerkstellig deur jare later die Prins te dagvaar……..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.