Safricom, die telekommunikasiereus van Oos-Afrika, het Maandag inderhaas ’n lid van sy direksie as die nuwe waarnemende uitvoerende hoof van dié maatskappy aangestel ná Robert Collymore se afsterwe vroeër die dag.
Michael Joseph sal die posisie as uitvoerende hoof beklee totdat die direksie ’n permanente aanstelling gemaak het, het die maatskappy in ’n verklaring gesê.
Joseph (67) was voorheen ook die uitvoerende hoof van die maatskappy en is tans die voorsitter van Kenya Airways.
Maroela Media het vroeër berig Collymore is ná ’n twee jaar lange kankerstryd in die ouderdom van 61 tuis oorlede.
Collymore was grootliks verantwoordelik vir die winsgewende aard van dié reusemaatskappy met ’n Amerikaanse waarde van $11 miljard. Safricom word besit deur Vodacom asook 35% deur die Keniaanse regering wat dié maatskappy in staat stel om meer as 60% van Kenia se selfoonmark met 30 miljoen intekenare te beheer.
“Die direksie is vol vertroue dat Joseph die nodige leiding aan die maatskappy en sy werknemers sal verskaf tydens die oorgang,” lui die verklaring.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
2 Kommentare
Met kundiges aan die stuur is dit altyd n sukses. Ons regering kan daaruit leer.
Safricom of Safaricom? Ek is oortuig die advertensieborde in Oos Afrika sê Safaricom. Of het die naam verander?