Sahara-jagluiperd vir eerste keer in 10 jaar gesien

Die bedreigde Sahara-jagluiperd (Foto: Farid Belbrachir/ZSL/Opna via ANA)

ʼn Kritiek bedreigde Sahara-jagluiperd is vir die eerste keer in ʼn dekade in die Ahaggar- kulturele park in Tamanrasset, Algerië, opgemerk.

Die jagluiperd, wat ook as “Amayas” bekend staan deur die Toearegs, ʼn nomadiese groep mense wat in die Sahara-woestyn woon, ʼn groot etniese Berberkonfederasie, is op die rooi lys van diere wat moontlik kan uitsterf.

Volgens die Algerynse nuusbron Algerie Info, het Salah Amokrane, direkteur van die Algerynse Kultureleparke-projek (PPCA), ʼn perskonferensie gehou om wetenskaplike navorsing en foto’s van die dier te deel. Die jagluiperd is in die Atakor-vulkaanveld, in die middel van die gebergtes, opgemerk.

Amokrane het tydens die perskonferensie gesê 50 persone en 40 kameras, wat deurlopend foto’s neem, was deel van die projek van 120 dae om die dier af te neem.

Die park het in ʼn Facebook-plasing gesê die jagluiperd moet ten alle koste beskerm en bewaar word.

Volgens Business Insider India het ʼn groep navorsers in 2010 deur die park beweeg om te bepaal of die jagluiperd nog leef. Hulle het in daardie stadium op nog vyf volwasse diere afgekom.

Aldus Science Alert, ʼn webwerf wat op wetenskaplike navorsing fokus, het die Internasionale Vereniging vir Natuurbewaring in 2012 gesê daar is vermoedelik 37 van die jagluiperds in Algerië.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Pieter ·

Die mensdom vernietig als. Maar god sal sy skepping beskerm want ons doen dit nie

Lindi ·

Dis net jammer dat een of ander “jagter” seker nou weer die arme dier gaan jag sodat hy/sy met ‘n “trofee” kan spog. Hoop maar net die mooi dier is veilig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.