Sahara se vergroting is ʼn bedreiging vir Afrika-boere

Die Sahara het die afgelope eeu met 10% suidwaarts uitgebrei, het ʼn studie bevind.

Wetenskaplikes sê die bevindings, gebaseer op ʼn analise van reënval wat tot 1920 terugdateer, het verreikende gevolge vir gemeenskappe wat deur die verlies aan bewerkbare grond geraak word.

Woestyne word tipies gekenmerk deur gemiddeld lae jaarlikse reënval – minder as 100 mm per jaar, en die Sahara is die wêreld se grootste warmweer-woestyn. Sy grense, soos alle woestyne, wissel saam met die seisoene en brei uit in die droë winter en krimp tydens nat somers.

Reënvaldata toon egter dat die woestyn die afgelope 100 jaar met 10% uitgebrei het, en wetenskaplikes sê klimaatsverandering as gevolg van menslike gebruik, is verantwoordelik vir byna ʼn derde hiervan.

Die Sahara se uitbreiding ontwrig ook die streek se brose grasveld-eko-stelsels en gemeenskappe.

Prof. Sumant Nigam van die Universiteit van Maryland, senior outeur van die studie in die Journal of Climate, het gesê ander woestyne in die wêreld word waarskynlik ook hierdeur geraak. ʼn Vermindering in bewerkbare grond met voldoende reënval om die oes te ondersteun, kan verwoestende gevolge hê – veral vir gemeenskappe wat staat maak op die landbou vir hul ekonomie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Manie Strydom ·

Die kolonialiste sal die gebied moet oorneem en die woestyn keer of terug skyf anders is die woestyn binekort sa se noordelike grens

Sarel swartbrand ·

Soos die landbou grond minder word sal kos minder word en die monde wat gevoed moet word ook meer, en eendag sal die wereld leiers moet kies oor watter gebied nie meer nodig is nie en ek dink die woestyn le in daardie nutelose vasteland.

Oom Kalahari ·

@Peet Schabort, wel soos jy kan sien waai die sand wat aan die Afrika boorlinge behoort oor die grense en gaan beslis later kapsie gemaak word. Jy is reg met jou stelling en ‘n “land grab” is op die sand storm horison.

Mark ·

Jip, lewe is nie net sit en staar vir die gode nie… Kyk maar Isreal, 5 desolination plants, meeste water in europa, groen landerye. Maar wat, hoe se Trump? Watse “hole lande” ?

PJC ·

As ń mens kyk hoe die bewoners van die lande rondom die Sahara die wěreld laat vertrap deur te veel diere en ook al wat boom is afkap vir vuurmaakhout dan is dit te verstane dat die woestyn sal groter word. Hier by ons gaan dieselfde gebeur in gebiede soos die Richtersveld. Elke keer as ek ń foto sien van die gebied is die hoeveelheid bokke wat daar loop meer en ek was verstom toe ek onlangs op die tv hoor hoeveel bokke in totaal daar nou al in hierdie pragtige reservaat wei en niemand doen iets om die getalle in toom te hou nie want dan is dit diskriminasie.

John ·

Presies. Zimbabwe se plantegroei word ook so vernietig en ons beurt kom…. geen vleis op die rakke maar orals aan’t weide. Aardverwarming moet dan die geld laat inrol sodra treurmar-trane laat afrol. Terloops, wanneer word daar begin met koepongeld… dis die volgende lekkerte… Sassa-koepons.

Lerato ·

Manie Strydom
Ek stem saam. Die kolonialiste sal die reen terug bring om die woestyn vorming te stuit

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.