Samsung-gebruikers moet dadelik Galaxy Note 7-slimfone afskakel

Samsung Galaxy Note 7 (Foto: Samsung)

Samsung Galaxy Note 7 (Foto: Samsung)

Samsung maan gebruikers wêreldwyd om hul nuwe Galaxy Note 7-slimfone in te ruil weens veiligheidsredes.

“Ons versoek dat gebruikers met Galaxy Note 7-toestelle dit sal afskakel en hul vorige slimfone sal gebruik,” het die maatskappy Saterdag in ʼn verklaring gesê.

Die maatskappy het onderneem om vanaf 19 September die toestelle met nuwes te vervang.

Samsung het reeds begin om die betrokke model te onttrek ná klagtes dat die battery oorverhit en talle gebruikers het gesê hul slimfone het aan die brand geslaan terwyl dit gelaai het.

Ongeveer 2,5 miljoen toestelle sal wêreldwyd teruggeroep word.

Verskeie lugrederye en Amerikaanse lugveiligheidsreguleerders het passasiers gewaarsku om nie hul slimfone tydens vlugte aan te skakel nie. Die Amerikaanse federale lugvaartadministrasie het vroeër vandeesweek gesê verkieslik moet Note 7-toestelle glad nie aan boord wees nie.

Tlali Tlali, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het aan Fin24 gesê dié lugredery verbied ook vanaf Saterdag die gebruik van die Samsung Galaxy Note 7 op sy vliegtuie.

Geen ander Samsung-toestelle word hierdeur geraak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

John ·

Nuwe Samsung-selfone se battery is hopeloos. As party tipes nie elke 5 minute pap word nie, dan ontplof die ander weer. Apple se nuwe fone het glo beter battery as die voriges. Hoekom kon die ouer fone se batterye lank hou?

Delia ·

John, daar moet mos geld gemaak word…..as iets baie lank hou, is daar mos minder wins..

Stephan ·

Dink mooi. Waarvoor het jy alles die ouer foon gebruik en waarvoor gebruik jy alles die nuwe selfone?

Hannerie ·

Een woord Tegnologie. Die ou fone het nie nodig gehad om alles te kon doen wat ons dees dae met ons fone die nie.

Karla ·

Omdat my vorige Galaxy se battery byna permanent op die laaier moes wees om enigsins bruikbaar te wees, het ek nie weer ‘n Samsung produk gekoop toe ek dit moes vervang nie. Goeie besluit as ek die berig reg verstaan, dat dit ontplof en besering- en brandgevaar inhou? Samsung sit seker met ‘n rooi gesig en groot verliese.

Melinda ·

Ek is versot op Samsung sal nie n ander foon as Samsung gebruik nie. Ek het die Note 3 en het ook nou al dir 3de nuwe Battery vir my foon gekoop. Sal dit hoog op prystel as Samsung net hul batterye kan sterker maak.

KarooKlong ·

Pleks maak hulle ‘n foon wat met parafien werk. As jy hoor die ander persoon praat al stadiger dan het jy ‘n keuse: of jy sê jou parafien is klaar en sit jou foon af, of jy gee ‘n paar pompe totdat die persoon weer normaal praat.

Sus ·

Ek het die Samsung Note 5. Die verkoopsdame was eerlik genoeg om te erken die battery hou net een dag…..moet elke nag op die laaier. Ek het dus geweet wat ek kry en is tevrede.

Henry ·

Ons probleem is on sit nie meer ons fone af om te charge nie.ek het agter gekom as ek my sumsang afsit en charge hou hy langer

Xandré ·

Ek sal Apple koop sodra hulle dual sim fone die land inbring.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.