Amerikaanse owerhede het besluit om die wasmasjiene te herroep, weens “oormatige vibrasie”. Talle beserings is aangemeld, waaronder ʼn gebreekte kakebeen.
Die besluit om die wasmasjiene te herroep, kom minder as ʼn maand nadat Samsung aangekondig het dat van sy wasmasjiene, wat in Kanada verkoop is, ook herroep sal word.
Dit is nie die eerste keer dat Samsung wasmasjiene herroep nie. Dit het ook in 2013 in Australië gebeur, nadat ʼn elektriese fout in seker modelle veroorsaak het dat die masjiene aan die brand slaan.
Die nuutste probleem kom in bolaaiers voor en veroorsaak dat die drom ongebalanseerd raak, wat oormatige vibrasie veroorsaak en in sommige gevalle tot gevolg het dat die boonste gedeelte van die masjiene loskom van die onderstel.
Regsverteenwoordigers van gebruikers in Texas, Indiana en Georgia, het met regstappe teen Samsung begin, nadat wasmasjiene glo “ontplof” het terwyl dit gebruik word.
Volgens Samsung kom die probleem voor wanneer ʼn hoëspoed-spinsiklus gebruik word om beddegoed of ander groot items te was.
Samsung se herroeping kom kort nadat die Suid-Koreaanse maatskappy bykans ’n miljoen Galaxy Note 7-slimfone herroep het omdat hulle moontlik kan ontplof terwyl die slimfoon herlaai.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
34 Kommentare
O my word wat maak ek met myne vat ek dit ook trug!??????
Ek lees in die berig die ding raas en die Top kom los van die basis af en dit rig skade aan. Kan ons nie maar onse President herroep nie? Die simptome is dieselfde.
Massa produksie dink ek.
Hoe op dees aarde kry jy ‘n kakebeen besering van ‘n wasmasjien? Miskien moet iemand net vir die oorsese mensies sê dit is om klere in te was nie jouself nie of hulle hou seker hulle gesigte teen die kant om te hoor waar die geluid vandaan kom en dan trek daardie masjien los met sy Waslap-vastrap.
Nou is die vraag….? Watter wasmajien is dit? Model, jaar? Ek het so 2-3 maande terug n samsung wobble technology gekoop.