Samsung-wasmasjiene nou ook herroep

Foto: AP Photo/Lee Jin-man

Foto: AP Photo/Lee Jin-man

Nagenoeg drie miljoen Samsung-wasmasjiene word herroep na talle berigte oor mense wat beserings opgedoen het.

Amerikaanse owerhede het besluit om die wasmasjiene te herroep, weens “oormatige vibrasie”. Talle beserings is aangemeld, waaronder ʼn gebreekte kakebeen.

Die besluit om die wasmasjiene te herroep, kom minder as ʼn maand nadat Samsung aangekondig het dat van sy wasmasjiene, wat in Kanada verkoop is, ook herroep sal word.

Dit is nie die eerste keer dat Samsung wasmasjiene herroep nie. Dit het ook in 2013 in Australië gebeur, nadat ʼn elektriese fout in seker modelle veroorsaak het dat die masjiene aan die brand slaan.

Die nuutste probleem kom in bolaaiers voor en veroorsaak dat die drom ongebalanseerd raak, wat oormatige vibrasie veroorsaak en in sommige gevalle tot gevolg het dat die boonste gedeelte van die masjiene loskom van die onderstel.

Regsverteenwoordigers van gebruikers in Texas, Indiana en Georgia, het met regstappe teen Samsung begin, nadat wasmasjiene glo “ontplof” het terwyl dit gebruik word.

Volgens Samsung kom die probleem voor wanneer ʼn hoëspoed-spinsiklus gebruik word om beddegoed of ander groot items te was.

Samsung se herroeping kom kort nadat die Suid-Koreaanse maatskappy bykans ’n miljoen Galaxy Note 7-slimfone herroep het omdat hulle moontlik kan ontplof terwyl die slimfoon herlaai.

Lees ook:
Onttrekking van gevaarlike produkte in SA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Cherokee ·

Ek het so pas vasgestel ons het ook een (die afgelope 7 jaar).

PW Growee ·

Ek lees in die berig die ding raas en die Top kom los van die basis af en dit rig skade aan. Kan ons nie maar onse President herroep nie? Die simptome is dieselfde.

Yvette De Heer ·

Ag eks soo jammer ekt per ongeluk jou komentaar geraporteer soos ek na onder “gescroll” het. ?

Toki Scura ·

Massa arrogansie, as werkers iets aan bestuur uitwys, weet die ALTYD beter, o ja

TM ·

Hoe op dees aarde kry jy ‘n kakebeen besering van ‘n wasmasjien? Miskien moet iemand net vir die oorsese mensies sê dit is om klere in te was nie jouself nie of hulle hou seker hulle gesigte teen die kant om te hoor waar die geluid vandaan kom en dan trek daardie masjien los met sy Waslap-vastrap.

dot ·

Nou is die vraag….? Watter wasmajien is dit? Model, jaar? Ek het so 2-3 maande terug n samsung wobble technology gekoop.

Ig ·

So n paar miljoen mense gaan nie meer Saamsung nie maar Saamhuil

Dalene ·

Ek het een 2014 gekoop… hoe gaan ons weet wat ons nou moet doen..

Magda ·

Hardloop na buite en wag tot alles verby is of skakel die krag af. So maklik soos dit.

Jd ·

My LG was masjien hop die hele huis vol so hulle moet seker ook maar uit die kas klim en herroep maar ek twyfel sterk. Al wat hom stop is die krag prop as hy te ver vorentoe hop . En dis die een met die glas water op wat nie beweeg volgens die advertensie nie.

Emile ·

Jy kan LG bel, as jou masjien nog onder waarborg is stuur iemand na jou woning sonder dat jy daarvoor betaal. Uit sy waarborg is daar natuurlik ‘n fooi wat betaal moet word, maar jy kry iemand direk van LG met die nodige kennis. Baie vriendelike en profesionele diens… in die Kaap.

Gerda ·

Het ook n LG wasmasjien wat rondspring. Hulle was al 3 keer hier maar kom nie reg nie.

Riana ·

Ek het my 13 kg top loader al 9 jaar en het tot vandag nog nie n stukkie probleme gehad nie. Dis hartseer dat samsung nou probleme vind met hul produkte

johann barnard ·

My vrou se haar Speed Queen se middel pyp skeer al die klere

Ina ·

Ek het my Speed Queen 21 jaar gehad,geen probleme en my masjien werk “overtime”.Ek het nou weer vir my nuwe een gekoop.Ek het ook Speed Queen Tuimeldroeer.Excellent!

Johan Fourie ·

Myne gaan toes het hom versigtig bekryp sagies oop gemaak en die nodige goet wat julle vroumense in sit in geplaas.(Baie sagies moet ek by se)waar na ek hom op gestart het(Vrou my gehelp) en so van n afstand om n hoek bekyk het.Dankie tog geen teekens van mal koeie siekte,of n behoefte om my storem te loop nie,My SAMSUNG se varkies is 100% REG

Voorlaaier ·

Myne al vanaf 2002. Werk soos klokslag. Kan ni kla oor my Samsung ni.

E.K. - ek sê net! ·

Ek het ook ‘n bo-laai wasmasjien (NIE Samsung) en as mens dit nie mooi reg laai sal die ding ongebalanseer rondwikkel. Myne stop dan eenvoudig en moet mens kom en die goed net rondskuif en dan is dit reg. Dis veral as mens klomp swaar goed laai. Mense kan so oorboord gaan en eintlik glo ek hul moet net die masjien reg laai. Dis soos jy laai ‘n karavaan swaar aan die een kant en niks aan die ander kant dan gaan dit mos ongebalanseer wees en rondswaai agter die motor en omslaan of iets.

Elize C ·

‘n Voorstel : Indien julle self jul wasmasjiene geinstalleer het by jul huise, het julle onthou om te kyk of jul wasmasjien nie een van daardie is wat aan die agterkant 4 – 5 lang “skroewe” het, wat uitgehaal moet word voor jy die masjien begin gebruik, dit is slegs daar om die drom te stabiliseer tydens vervoer sodat die drom nie rond-skud binne en beskadig nie. Daar word plastiek/rubber “plugs” voorsien om in die plek van die gate in te pas na die skroewe verwyder is, so dit lyk steeds netjies. “If all else fails, read the instructions”! :-)

Elize C ·

Verder tot my boonste kommentaar: bottomline is: indien jou wasmasjien wel van daardie stabiliserings-skroewe in het, en jy het dit nie verwyder voor jy die masjien begin gebruik nie, beter jy jou voordeur toemaak, want hy SAL by die deur uithop…..

Surona ·

Wat moet ek maak ek het ‘n maand gelede so ‘n wasmasjien gekoop?????????????

E.K. ·

Surona – NIKS! As jou masjien reg werk, werk dit reg want jy oorlaai dit dus nie, laai dit nie verkeerd nie ens. Ek ruik ‘n rot. Yanks is vinnig, baie vinnig om geldmaak stories uit te ruik en bekend daarvoor dat hulel almal altyd vir alles wil “sue”. Bedaar en laat jou masjien werk soos dit moet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.