Sandra Bullock is mooiste vrou vir 2015

Sandra Bullock Foto: People Magazine

Sandra Bullock Foto: People Magazine

People Magazine maak in sy jongste uitgawe bekend dat die aktrise Sandra Bullock aangewys is as die mooiste vrou in die wêreld vir 2015.

Die 50-jarige Bullock het glo gelag en gesê, “Dis belaglik,” toe sy die nuus hoor.

Bullock is een van Hollywood se hoogsbetaalde aktrises en het ʼn Oscar-toekenning en die gesogte Golden Globe-toekenning ontvang vir beste aktrise as Leigh Anne Tuohy in The Blind Side (2009).

Haar seuntjie Louis is vyf jaar oud.

Die tydskrif is Vrydag op die rakke beskikbaar.

Hier volg ‘n paar uittreksels uit van haar flieks:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Peet Schabort ·

Duidelik het hulle nog nie ons boeretannies gesien !!??

kerrie ·

Net soos almal se opinies gevra is voor die Nkandla opgradering….is almal op planeet Aarde gevra of sy mooi is…nee…dis net n bitter klein minderheid se opinie….kam daai kop.

zahn ·

Persoonlik dink ek daar waar mooi gestop het, het sy opgestaan. So reg na my smaak. Maar nie mooier as my vrou nie. Ai, ek hoop my vrou lees hier…

Nina ·

Ek dink sy is baie mooier as meeste in Hollywood wat so gespoeg en geplak is, en daarby beslis een van die beste aktrises!

Eish! ·

My eerste gewaarwording, dankie sy is ‘n brunet. Ek het ‘n voorliefde vir brunets. Wel ek is amper 50 en as ek op daai ouderdom so kon lyk, wel dan sou ek verdien het om mooi te wees. Tog sal ek graag wil weet, enige operasies, opbou, afbreek, oorbou en foto toordery? As die antwoord op alles nee is, dan verdien sy die titel. Anders is sy net lucky om die geld te he om dit te laat doen.

Gerald van der merwe ·

Net soos LIz taylor wat altyd beskryf was as die mooiste vrou te wereld moet ek se dit is sekerlik op haar Sandra se ouderdom een van die mooiste vrouens ter wereld. Sy is n gevaar as n skoonma. Wat n pragtige mens. Dit nie wat ek se nie maar die hele werled.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.