Sandstorm verswelg Chinese dorp

Lugfoto van die sandstorm in Linze in Gansu, China (25 April 2021) (Foto: STR/CNS/AFP/China Out)

ʼn Oorweldigende muur van sand het fabrieke en woonstelblokke bedek in die noordwestelike Gansu-provinsie in China te midde van seisoenale sandstorms in die land wat lugbesoedeling en verkeersongelukke veroorsaak.

Lugfoto’s wys ʼn apokaliptiese toneel waar ʼn wolk geel stof Sondag Linze in Gansu bedek.

Staatsmedia CCTV het berig verskeie motorongelukke het in die provinsie plaasgevind weens swak sigbaarheid. Meteoroloë het inwoners gewaarsku om binnenshuis te bly en hul vensters dig gesluit te hou. Nog storms word Dinsdag in die noorde van China verwag.

China word elke lente deur enorme sandstorms geteister waar sand van die Gobiwoestyn waai tot by stede so ver weg as Shandong aan die ooskus.

ʼn Sandstorm in Maart in Beijing het rekord lugbesoedelingsvlakke getref. Dit was die ergste sandstorm in ʼn dekade om die hoofstad te tref. Dit verhoog die hoop dat daar ʼn natuurlike grens gebou sal word deur middel van intensiewe boomplantingsveldtogte in ontbosde dele wat as die “groot groen muur” bekend sal staan.

Beijing het verlede jaar gesê hy verwag swakker en minder sandstorms in die noorde van China as gevolg van sy herbossingspogings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Werner

Hoop nie dit is Soos covid wat SA toe waai nie

Alet

So wys die natuur vir die homo sapiens op aarde wat gebeur agv die verwoesting van die planeet.

Karina

Ek het in Kroonstad groot geword, daar het ons vreeslik sandstorms gekry. Jy maak vensters toe, sit handdoeke voor deure, maar watwou, die sand kom in en lê dik op alles. Baie erg. Simpatie met daardie mense.