SA’ner in Engeland skuldig bevind aan moord

David en Melanie Clark (Foto: Facebook)

David Clark, ʼn eiendomsagent oorspronklik van Durban in KwaZulu-Natal, is in Engeland skuldig bevind op die “gewelddadige” moord op sy vrou.

Clark (49) is in ʼn hof in Birmingham skuldig bevind dat hy sy vrou, Melanie Clark, vermoor het nadat sy hom uit die huis geskop toe hy haar daarvan beskuldig het dat sy ʼn lesbiese verhouding aangeknoop het.

Hy is tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

Clark het volgehou sy vrou het hom seksueel verneder in die dae en maande voor die moord op Oujaarsaand 2017. Hy kan glo egter glad nie onthou dat hy sy vrou in die bors met ʼn mes gesteek het by hul huis in Stoke Prior, naby Bromsgrove in Worcestershire nie.

ʼn Jurie het sy weergawe verwerp en hy is Donderdag tot lewenslange tronkstraf, met ʼn minimum termyn van 15 jaar, gevonnis.

Die regter het aan Clark gesê Melanie (44) was “ʼn gesonde vrou in die fleur van haar lewe”. “Die gewelddadige aanval was sonder enige waarskuwing.”

Die egpaar het mekaar sedert hul kinderjare geken.

Ná die moord het die voormalige weermag-paramedikus nooddienste gebel en aan die operateur gesê: “Ek is jammer, ek het my vrou vermoor.”

Die regter het tydens sy uitspraak gesê Melanie het hom “bietjie uitgelok” en dit het ʼn rol gespeel in die vonnisoplegging. Clark het tydens sy getuienis gesê hy weet nie of sy vrou se bewering, dat sy ʼn lesbiese verhouding met ʼn vriendin gehad het, die waarheid is of nie. Hy beweer sy het op hom geskree en hom verneder en gesê sy geslagsdeel is klein.

Die hof het gehoor tydens Clark se inhegtenisneming, in die eerste paar minute van 2018, het hy beamptes gemaan om hom te skiet.

Bron: Daily Mail, Springfield Daily Record

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Chris ·

Ai die mensdom as jy verskil dan oluk jy n waoen uit en moor. Hoekom nie net wegdraai en wegstap nie. As hy nog in SA gebly het sou hy seker n inbreker blameer het, maar toe probeer hy daai ou SA verskoning van hy kan niks onthou van wat gebeur het nie

Mariaan ·

Pateties…vermoor haar omdat jy nie jou man kan staan nie…al het sy jou uitgelok…steek haar met n mes! Nee man…en al het sy jou verwerp…vat dit soos n man…pak jou tassie en waai…nou vermoor jy haar….pateties!

Annamarie Olivier ·

Ek se nie moord is aanvaarbaar nie, maar partykeer gaan ‘n mens te ver met die verkleinering van iemand anders.
So moenie iemand verkleineer of vloek nie jy soek vir iets wat kon gebly het

Juffie ·

My ouma het altyd gesê “as jy nie iets goeds van/vir iemand kan sê nie, bly stil!”

Msp ·

Egskeiding sou soveel makliker gewees het want dan het sy nog gelewe en altwee was vry. Ernstige verhoudings en huwelike kan hier na toe lei. Liefde is mooi, lieflik en lekker maar moet dit nie onderskat nie, dit kan wreed en dodelik ook wees…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.