Die departement van internasionale betrekkinge het Vrydag Suid-Afrikaanse burgers in Thailand versoek om weg te bly van enige protesoptogte in dié land.
Die weermag het Dinsdag ‘n krygswet afgekondig, maar dit benadruk dat dit nie ‘n staatsgreep is nie. Die Associated Press het egter gister bevestig die weermag het Donderdag ʼn staatsgreep uitgeoefen en die regering ontbind en die grondwet opgeskort.
“Die Suid-Afrikaanse regering veroordeel die staatsgreep en versoek konstitusionele orde,” het Clayson Monyela, woordvoerder vir die departement, Vrydag in ʼn verklaring gesê. “Die Suid-Afrikaanse regering het ook sy kommer uitgespreek oor die politieke situasie in Thailand, veral in die lig van die ongrondwetlike regeringsverandering op 22 Mei 2014.”
Hy sê Suid-Afrika monitor die situasie. -SAPA
Lees ook:
Nuuskommentaar: Thaise staatsgreep het lang aanloop
Foto’s: Krygswet in Thailand “nie staatsgreep”; media verbied