SA’ners maak ’n verskil vanuit Australië

Kersgesange in Perth, Australië (Foto verskaf deur Helpende Hand)

Nagenoeg 700 Suid-Afrikaners wat nou in Australië woon, het in die luim van Kersfees hande gevat en ’n nostalgiese Kerskonsert ondersteun wat duisende rande vir Helpende Hand se #StopHonger-veldtog ingesamel het.

Die musikant en pastoor Joe Vermeulen en sy vrou, Cecile, het vroeër vanjaar tydens ’n besoek van Solidariteit Helpende Hand in Australië bewus geword van die #StopHonger-veldtog, wat poog om vir 8 000 behoeftige kleuters daagliks ’n gesonde bord kos te gee.

“Ons woon al die afgelope tien jaar in Perth en bedien die plaaslike Grace Christian Reformed Church. Oor die afgelope paar jaar het ek nog elke jaar Kersgesange saamgestel en gelei wat ons treffend en met ’n goeie dosis nostalgie aanbied. Ons het dit nog altyd op ’n klein skaal gedoen, maar ná Helpende Hand se besoek het ons besluit om groot te gaan om geld vir #StopHonger en ons geboorteland se mense in te samel. Met die hulp van die musiekvervaardiger Byron Keno, my vrou, my gemeente en selfs lede van ander gemeentes, het ons vanjaar die Afrikaanse Kersgesange Konsert die lig laat sien,” vertel Joe vanuit Perth.

Kersgesange in Perth, Australië (Foto verskaf deur Helpende Hand)

Die span het aanvanklik gehoop om Edith Cowan University se Joondalup-ouditorium vol Afrikaners te kry, maar die belangstelling was só groot dat drie vertonings gehou moes word. Die konsep van die vertoning was ook só gewild dat ’n predikantspaar Lou en Lizanne Malan, van die stad Geraldton, sowat 400 km van Perth, versoek het dat ’n groep musikante die konsert by hulle afskop, waarna twee hoofkonserte verlede naweek die Joondalup-ouditorium volgepak het. Vier voorsangers, Joe ingesluit, ’n koor en agttal orkes het daar met Afrikaanse Kersgesange bekoor.

“Die opkoms was asemrowend. Die gehore het uit volle bors saamgesing en sommige mense het selfs ’n traan gepink. Dit was ’n fantastiese gevoel. Ons kry nou nog boodskappe van persone wat vir ons sê hoe baie hulle dit geniet het en of ons volgende jaar dit weer gaan doen. En ons gaan, en ons gaan nóg groter gaan ter wille van liefdadigheid in Suid-Afrika,” voeg Joe by.

Die konserte het nagenoeg R80 000 ten bate van Helpende Hand se #StopHonger-veldtog ingesamel.

“Ons kan Joe, Cecile, Byron en Grace Christian Reformed Church Perth nie genoeg bedank vir die inisiatief nie,” het Ernst Vorster, adjunkbestuurshoof van Solidariteit Helpende Hand, gesê. “Ons is trots om met sulke rolspelers in die buiteland hande te vat en so te help om Afrikaner-armoede te verlig, verbreek en te voorkom. Om te sorg dat 1,5 miljoen borde kos vir honger kleuters gegee word, is nie ’n maklike taak nie. Met sulke omgeemense, word die taak makliker gemaak.”

Joe en Byron het ’n spesiale nuwe Kerslied, “Kersfees Saam Met Jou”, vrygestel as deel van die konserte en om ’n boodskap oor te dra om goeie herinneringe en familie te koester. Die liedjie kan gratis van iTunes en Spotify afgelaai word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Jerry ·

Hoe meer Suid Afrikaners emigreer, hoe meer sal daar wees wat die wat nie kan emigreer te kan help!

Sarel Stofberg ·

Ons het welaf familie in Brisbane wat nou so “grand” is, ek dink hulle het skoon vergeet hulle kom SA. ! !

Anton ·

Pragtig,pragtig en wel gedaan. Dat ons mense in die buiteland vir ons in SA so mooi wys hoe om vir ons eie behoeftige kindertjies te sorg! Toe nou binnelandse Afrikaner word dem wakker!

lewies ·

“‘N MOEILIKE EEN”
Alle behoeftiges wat hulp nodig het moet gehelp word, nadat diegene wat die naaste aan jou is en wat ook sukkel (gesin, kinders, familie, vriende ens)klaar gehelp is.
“BYBELSE BEGINSEL!! “

Penellope Jones ·

Wil hulle nie asb terugkom om ons wat hier in Suid-Afrika aanhou en uithou te kom help nie …………..

Out of Africa ·

Nee ons is gelukkig hier en kom nie terug nie. Met dollars kan ons ook meer mense in SA help agv die gunstige wisselkoers. Net jammer ons word gedurig deur die agterblyers beledig met name soos veraaier, hensopper en hans-kakie!

wet ·

met moontlike leiers wat se dat SA deur ´n fase soos Venuzuela sal moet gaan voordat dinge sal regkom sal ek eerder ook daar bly as ek julle is.

Gertjie ·

Awesome!
Kan ons dalk net stop en dink aan die wonder werk wat hier plaas gevind het en die Here loof daarvoor. Die Kers sang diens was puik en tot eer van die Here. En so seen Hy die kinders van Afrika toe met kos in ruil… Sy kinders! Dank God in die Hoogste Hemele die Kersfees tyd!!!!

Jaap ·

Pennelope, nee dankie.
Ons kom nie terug nie.
Alles werk,het krag,tv netwerk,lugdienste,geen korrupte strooi.
Paaie is 100, dienste word gelewer.
Niemand breek en brand goed nie.
Dankie,maar nee dankie.

Bang ·

Al die mense wat in australie is, ek is bly vir jul……ek wil so graag ook hier weg kom, want ek is bang iets verskriklik gebeur met my dogtertjie van 5…….sy is my alles. As dit net maklik was om hier wegtekom. My man is n 52 hardwerkende man met kode 14 lorrie liksensie. Hy kan ook baie masjiene ry en is nie bang vir werk nie. Ek is ongeskik verklaar om te werk. So ek is n huisvrou en ma. Ek wens so ek was julle wat in vrede bly. My man werk baie keer weg van huis af en dan is ek so bang iemand maak ons seer……of die ergste………….

Dirk ·

Hoe meer mense emigreer hoe minder witkruise sal daar wees Penelope. Waarna wil jy he moet hulle terugkom? Verarming, vernedering, vervolging, marteling, verminking, vermoor!

Andrea ·

Presies. Dié Afrikaners wat ge-emigreer het, is al wat van die Afrikaners gaan oorbly. Bly daars van ons mense wat veilig is en vooruitgaan.

Stan ·

Hoop van ons Ozzie-Afrikaanse mense in Sydney, Brisbane & Melbourne help ook die fonds. Kom mense asb, hierdie mense het ons finansiële hulp nodig.

Gelukkig ·

Nie almal in Suid-Afrika kry swaar nie? Die oorgrote meerderheid blankes leef heel gerieflik. Dankbaar vir die hulp vir die wat wel swaarkry, maar die ge-jammer kry vsn ons in Suid-Afrika is bietjie onnodig. Ek verruil nie my familie vir ‘n ‘alles wat werk’ land nie. Was al oorsee en ja, alles werk, maar meeste vriende wat oorsee sit probeer hulself heetlyd oorreed hul, het die regte ding gedoen – hulle probeerhet hulself heeltyd verdedig. Ek oordeel nie – bly of gly, maar ek geniet my familie, groot huis en tuin en selfs die gerief van huishulp en tuinman te veel en nie ek of my familie is al ooit met deur ernstige misdaad benadeel nie.

Celtis Africana ·

Moenie so seker wees nie…
Wet van gemiddeldes gaan jou piets, een of ander tyd.
Dankie aan die SA Aussies vir die pragtige gebaar…

Aussiekaner ·

Should we call you, “the Lucky One”! – till crime comes knocking at your door.? It’s not a matter of “IF”, it’s more a matter of “WHEN”….

Sê maar net ·

Dankie vir die wat so onbaatsugtig hul harte en hande vd kinders oopgemaak het. Dit is naasteliefde. Wees geseënd

Marius ·

Ek lees al die kommentare. Ekself woon sedert 2003 in Australie en sedert 2006 55km suid van Perth in ‘n plek met die naam van Baldivis. Ons het hier vanvoor af weer oorbegin en ekself het my eggenote van 27jaar getroude lewe hier in 2014 verloor aan borskanker. Hier bly letterlik honderde Suid Afrikaners en nee ek glo nie dat amper enige een terug sal gaan SA toe nie. Ons kan wel en doen dit in elk geval individueel aan familie lede, die Afrikaanse hulp organisasies help met finansiële skenkings en ander hulp. Hier werk alles en korrupsie word gou in die kiem gesmoor. In Wes Australië is verskeie grootskaalse infrastruktuur en derglike projekte aan die gang asook ‘n 3e “mining boom” wat nou begin afskop. Maar wat wel seermaak is dat ons ook met allerhande beledigings uit SA toegesnou word wat onnodig en laakbaar is.

Cornelia ·

Woorde ontbreek as mens u grootse gebaar van uitreik en liefde wil omhels in ‘n Dankie wat stil maar intens op mens se gemoed kom lê. DANKIE geliefde landgenote. U bemoedig ons meer as wat u kan dink of hoop. U offers saai in goeie grond. Mag u die seën sewevoudig oes.

Dankbaar ·

Hoe het dit gebeur dat ‘n liefdadigheids gebaar ‘n oorlog veroorsaak het tussen dié wat in SA bly en dié wat in Aus bly? Joe en gemeente – baie dankie. Julle is amazing.

Rina ·

Baie dankie vir julle mense, dit word so baie waardeer. Ons bly in n sekuriteits kompleks in n gegoede deel van Pretpria en is Pensioenarisse wat gelukkig nog vir onsself kan sorg. In die kompleks is ons net 8 blanke bewoners en die res is swart mense. Ons behandel hulle met respek en ons word dieselfde deur hulle behandel. Ons bly in Afrika, korrupsie is hier soos in die res van Afrika. As mense gelukkig is waar hulle bly, laat dit so wees, hoekom moet ons beledigend raak?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.