Sanger in sop oor ebola-twiet

Die sanger Chris Brown het hom ʼn stortvloed kritiek op die hals gehaal nadat hy op Twitter gesê het dat die dodelike ebola-virus ʼn vorm van bevolkingsbeheer is.

Brown het Maandag getwiet:

Brown se uitlatings het Twitter behoorlik aan die gons gesit en hewige reaksie uitgelok. Sy twiet is meer as 28 000 keer gedeel. Talle mense het die omstrede sanger as onkundig bestempel en sy intelligensie bevraagteken. Brown het later getwiet hy dink hy moet eerder stilbly. Dinsdag het die sanger egter weer ‘n ander deuntjie gesing en die volgende getwiet:

Brown se uitlatings kom nadat die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) opnuut sy kommer oor die virus uitgespreek het. Volgens die WGO se statistiek is meer as 4 000 mense reeds uit altesaam 8 400 gevalle in sewe lande (Guinee, Liberië, Nigerië, Senegal, Sierra Leone, Spanje en Amerika) oorlede.

Klik hier om vorige artikels oor ebola te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

se-net ·

Dink daar is ook baie wat saam met hom stem, maar daar word niks daarvan gesê nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.