Sanger Leonard Cohen het ná val gesterf

Leonard Cohen

Leonard Cohen

Die sanger en liedjieskrywer Leonard Cohen het in sy slaap gesterf nadat hy in die middel van die nag by sy huis in Los Angeles geval het, het sy bestuurder Woensdag gesê.

“Sy afsterwe was skielik, onverwags en vreedsaam,” het bestuurder Robert B Kory in ʼn verklaring gesê.

Dié besonderhede van Kory is die eerste inligting oor hoe Cohen gesterf het. Maroela Media het vroeër berig geen oorsaak van sy dood is bekend gemaak toe sy afsterwe aangekondig is nie.

Volgens die verklaring het Cohen ook reeds op 7 November gesterf, drie dae voor sy afsterwe publiek aangekondig is.

Die sanger, liedjieskrywer en digter van liedjies soos “Hallelujah”, “Bird on a Wire” en “Suzanne” was 82 jaar oud toe hy dood is. Cohen se gesondheid het die afgelope jaar begin agteruitgaan, maar daar is nie veel besonderhede hieroor bekend gemaak nie.

Hy word oorleef deur sy kinders Adam en Lorca, en sy drie kleinkinders Cassius, Viva en Lyon.

Cohen is tydens ʼn klein diens op 10 November in Montreal begrawe, dieselfde dag as wat sy afsterwe aangekondig is.

“Slegs die onmiddellike familie en ʼn paar lewenslange vriende was teenwoordig toe hy in ʼn eenvoudige dennehoutkis, langs sy ma en pa, begrawe is,” het Adam Cohen verlede week in ʼn verklaring gesê.

Cohen se verteenwoordigers het gesê ʼn gedenkdiens word in Los Angeles beplan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.