Sanger Leonard Cohen oorlede

Leonard Cohen (1992) Foto: Dominique Issermann via Library and Archives Canada

Leonard Cohen (1992) Foto: Dominique Issermann via
Library and Archives Canada

Die bekroonde sanger en liedjieskrywer Leonard Cohen is in die ouderdom van 82 oorlede.

Sy bestuur, Sony Music Canada, het Donderdag in ʼn verklaring sy afsterwe bevestig en gesê ʼn gedenkdiens sal later in Los Angeles gehou word. Geen verdere besonderhede oor sy dood is bekend gemaak nie.

Cohen, bekend as ʼn gedig, skrywer en aspirant Zen-monnik, het folk-musiek met ʼn donkerder kant vermeng wat hom wêreldwyd beroemd gemaak het. Musikante soos Bob Dylan en R.E.M. was ook groot aanhangers van Cohen.

Cohen was tot in sy 80’s baie gewild en het vroeër vanjaar getoer en het verlede maand nog sy jongste album, “You Want It Darker”, bekend gestel. Dié album is deur sy seun, Adam Cohen, vervaardig.

Cohen was veral bekend vir sy liedjies “Suzanne”, “Bird on a Wire” en later “Hallelujah” (video volg onderaan die berig).

Hy was een van die mees invloedryke sangers/liedjieskrywers uit die 1960’s, saam met Nobelpryswenner Bob Dylan en sy landsgenoot, die Kanadees Joni Mitchell.

Sy basstem en digterlike lirieke het gehandel oor liefde, haat, die dood, oorlog en vrede.

Cohen is in Quebec, Kanada gebore. Hy het as tiener begin kitaar speel en ʼn musiekgroep, “The Buskin Boys”, begin.

Nadat hy by McGill Universiteit studeer het, het hy na die Griekse eiland Hydra verhuis en ʼn versameling gedigte en twee boeke gepubliseer.

Hy het in 1966 na New York verhuis en met sy sangloopbaan begin nadat hy die folk-sangeres Judy Collins ontmoet het. Vir die volgende twee dekades het hy voortdurend liedjies en albums vrygestel.

In 1995 het hy sy loopbaan opsy geskuif en ʼn monnik geword. Hy het homself “Jikan” genoem, wat “stilte” beteken, en het ses jaar lank geen nuwe liedjies vrygestel nie.

In 2005 het dit aan die lig gekom dat sy bestuurder ongeveer $5 miljoen uit sy pensioenfonds verduister het. Om die geld terug te verdien, het Cohen tussen 2008 en 2013 ʼn wêreldwye toer onderneem en by 387 vertonings opgetree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Willie E ·

Ek sal hom altyd onthou,as tiener in die 70’s was ek mal oor leonard. Daar gaan ‘n groot gees…

My tweesent bydrae ·

Daar gaan n grote . Gaan jou mis Leonard Cohen .

Valie ·

Sal Leonard mis. ‘n Stil mens wat groot gebly het sonder om moleste te maak…

John ·

Die hartseer van die Joodse en die wereldgeskiedenis het deurentyd deurgeskemer. Sy musiek is soos ‘n groot ui met baie lae wat eers afgeskil moes word tot op die kern. Elke vlak was ryk en geurig en het die oe laat traan.

Rupert Ashford ·

Een van die grootstes het geval. Gaan jou mis Leonard Cohen. Jy moes eintlik die Nobelprys vir letterkunde gekry het.

Akram ·

En so word die leemtes groter. Hy was by uitstek n puik kunstenaar. Sy musiek wa dalk nie in almal se smaak nie, maar hy het waar woorde gesing. Sy beskrywings was uit die boonste rakke.

Ano ·

RIV Leonard.
As ek na sy fotos kyk lyk hy en Robert de Niro baie na mekaar

Henry ·

Een van die heel grootstes.
Mynsinsiens moes die Nobel prys vir letterkunde aan hom toegeken gewees het.

Hartseer ·

Ek eer jou nagedagtenis, Leonard Cohen. Dankie vir die ure en ure se geselskap in die jare wat verby is en die wat nog voorlê.

Riana Mostert ·

Ek word nooit moeg om na die man te luister nie, niks vervelig of vlak aan sy musiek of stem of lirieke nie!

Paul ·

Behold the gates of mercy
In arbitrary space
And none of us deserving
The cruelty or the grace

Reinette ·

Hy was n meester en Hallelujah is die beste song ooit geskryf.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.