Percy Sledge, sanger van die bekende “When a man loves a woman”, is Dinsdag in die ouderdom van 73 oorlede.
Mark Lyman, Sledge se agent en bestuurder by Artists International Management, het sy afsterwe bevestig. Sledge het lewerkanker gehad en hy het in 2014 ʼn operasie ondergaan vir dié kanker.
Hy is in Baton Rouge, Louisiana oorlede.
Lees meer: CNN, New York Times
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
4 Kommentare
Dis altyd ‘n groot verlies as een van die bestes in enige bedryf sterf. Hy gaan ‘n groot leemte in die musiekwêreld los. RIP.
Ai is is en was ‘n legende. het sy musiek geluister en van gehou. sterkte aan die familie
Groot verlies vir die musiekbedryf. Hy het n fantastiese sterk stem gehad wat hartsnare kon roer.