Sanger Prince sterf

Foto: Twitter

Foto: Twitter

Die bekende Amerikaanse sanger Prince is Donderdag in die ouderdom van 57 dood.

Die sanger se woordvoerder het aan die Associated Press bevestig dat sy liggaam in sy huis in Minneapolis in die VSA gevind is. Die oorsaak van sy dood is nog nie bekend nie.

Prince Rogers Nelson, oftewel Prince soos hy bekend gestaan het, was ook ʼn liedjieskrywer, multi-instrumentalis en akteur.

Prince het bekendheid verwerf met die liedjie “I wanna be your lover” waarna treffers soos “Purple Rain”, “Kiss” en “When Doves Cry” gevolg het. Hy was ook ewe bekend vir sy flambojante verhoogpersoonlikheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Wat-ek-lees ·

Jammer, ek het nog nooit ooit eers van hom geweet wat nog van gehoor.

Daleen ·

Ek wonder wat gaan deur so ou se brein as hy weet hy is besig om dood te gaan?

SNEL ·

My bietjie ondervinding wat ek met ongelowige of selfs ander gelowe gehad het, niks gaan deur hulle gedagtes nie, want dood is net dood, niks besonders nie en dis nou maar deel van die lewe, die pad wat almal gaan loop. As jy nie in die Here glo nie, glo jy nie daar is n hel nie, so “why worry”, want vir hulle is dit net asem uitblaas en “gone forever”.

Victor ·

Wat ‘n verskriklike veralgemening! Jy weet meeste ander gelowe het een of ander konsep van lewe na die dood?

Verder, vir mense wat nie glo nie, is die een lewe wat hulle wel het soveel meer kosbaar.

Ek stel voor jy praat meer met mense wat anderste as jy dink en maak nie sulke growwe veralgemenings nie.

Deloris ·

Nog ‘n musiek legende sterf van die 80’s ….. sy musiek was briljant.,……. en niks fout met sy musiek gewees nie .

Lulu ·

Aggie, goeie genade – WAAR op dees aarde kom jy aan daai stelling? Ek is beslis nie op drugs nie en ook nie van die duiwel nie. Hemel mens, dis net musiek!

Roger ·

Verskeie dom kommentare hierbo. Elke generasie het sy musiek en kunstenaars wat hul bewonder. Waarvan ek hou, is nie noodwendig waarvan jy hou nie….

charmaine ·

Dis jammer het van sy musiek gehou… Ek se altyd vandag se jeug en tieners sal ook eendag ouer wees en niemand gaan met hulle ook beindruk wees of hulle musiek nie. Gun elke era sy pret en plesier en musiek smaak.

neelsie ·

So met die een oor gehoor van prins….nou ja, dink ek …….daar groet ou prins C nog voor die Queen …

Louise ·

Sanger soos DIE sal mens nie weer kry nie.
Purple RAIN, Kiss, was flippen mooi en GOEIE musiek.
R.I.V.

Purple rain ·

Purple rain een van die grootste treffers in die 80’s het behoue gebly, radio stasies speel dit nog steeds. Google bietjie dan sal jy dit herken.

Xa ·

Aan die wat nie weet wie hy is nie: Hy het verskeie name gehad. Ek het gehoor hy is n familielid van Michael Jackson maar is nie seker nie, en sy suster was n redelik bekende sangeres. Hy het romanse gehad met n hele paar celebs soos Kim Basinger en Madonna. Jammer oor my opmerking vroeer hier, lyk asof sy doodsoorsaak nie oordosis was nie.

Francois le Cochon ·

Vir die jonges,- “Purple Rain” is nie ‘n Nicolaas Louw liedjie nie, dis Prince s’n (1984). Netso is “One Way or Another” nie ‘n One Direction liedjie nie, maar die groep Blondie s’n (1979).

Snip ·

Dis jammer, want ek het van sy musiek gehou, veral purple rain. R.I.V Prince.

Steve Stephansen ·

Wil iemand nie maar meer worry oor die wit boere wat in Suid Afrika daagliks vermoor word en hulle minder verkwis aan ‘n dwelverslaafde swart sanger in Amerika nie.

Frans ·

Jule het seke vergeet die ou mense wat nou so uitvermoor word was teen die Kp in die 80 en teen die Awb en die Kp en Awb het almal gewaarsku jy kanie met die duiwel in een nes siti ma toe stem almal mos Np

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.