Sanksies kom teen Poetin se dogters

Pres. Wladimir Poetin. (Foto: Alexei Druzhinin/Sputnik/AFP)

Die VSA het nou ook sanksies teen twee van pres. Wladimir Poetin se volwasse dogters ingestel.

Maria Vorontsova en Katerina Tikhonova word gesanksioneer omdat Washington sterk vermoed die Russiese president se bates word by familielede versteek, het ’n senior Amerikaanse amptenaar verduidelik.

Sanksies is ook teen die Russiese minister van buitelandse sake, Sergei Lavrov, se vrou en dogter én lede van Rusland se Veiligheidsraad aangekondig.

Alle nuwe Amerikaanse beleggings in Rusland word voortaan ook verbied, terwyl sanksies teen Rusland se grootste openbare en private finansiële instellings, Sberbank en Alfa Bank, aangekondig is.

Europese diplomate het intussen aan AFP gesê die EU wil ook Poetin se dogters by sy swartlys voeg.

Daar is relatief min bekend oor Poetin se dogters.

Die Amerikaanse tesourie het Maria as “’n tegniese uitvoerende beampte wie se werk … die Russiese verdedigingsbedryf ondersteun” geïdentifiseer, terwyl Katerina glo op haar beurt Russiese staatsgefinansierde genetika-navorsingsprogramme lei. Poetin hou glo “persoonlik toesig” oor die programme.

Vlug nóú uit ooste van Oekraïne

Die ma van ‘n Oekraïnse soldaat by sy doodskis. (Foto: Yuriy Dyachyshyn / AFP)

Inwoners in die oostelike Kharkiv-, Lugansk- en Donetsk-streke is Woensdag gewaarsku om onmiddellik uit dié gebied te vlug te midde van ’n gevreesde Russiese aanval.

“Dit moet nóú gedoen word, want later sal mense onder skoot wees en dalk die dood moet trotseer,” het Iryna Vereshchuk, adjunkpremier van Oekraïne, op Telegram gesê.

Daar is ook in dié stadium geen teken van ’n skietstilstand nie.

Navo se hoof, Jens Stoltenberg, meen daar is geen teken dat Poetin “sy ambisie om die hele Oekraïne te beheer” laat vaar het nie.

“Ons moet realisties wees en besef dat dit vir ’n lang tyd kan duur, vir baie maande, selfs jare,” het hy gesê voor ’n vergadering met Navo se ministers van buitelandse sake.

‘Oorlogsmisdade’

Pres. Joe Biden van Amerika het Woensdag die moord op Oekraïense burgerlikes in die dorp Bucha veroordeel.

“Ek is seker julle het die foto’s van Bucha, net buite Kiëf, gesien: liggame wat in die strate agtergelaat is toe Russiese troepe onttrek het, sommige in die agterkop geskiet met hul hande agter hul rug vasgebind.

“Burgerlikes wat koelbloedig tereggestel is, liggame wat in massagrafte gestort is, die gevoel van brutaliteit en onmenslikheid wat vir die hele wêreld agtergelaat is om te sien, sonder enige verskoning.

“Daar is niks minder aan’t gebeur as groot oorlogsmisdade nie,” het Biden gesê. “Verantwoordelike nasies moet saamstaan ​​om hierdie oortreders aanspreeklik te hou.”

Die Kremlin ontken egter sy aandeel in die sterftes. Poetin het inteendeel Woensdag Oekraïense owerhede daarvan beskuldig dat hulle agter “kru en siniese uitlokkings tot geweld” in Bucha sit.

Die Duitse regering sê nou satellietbeelde van Bucha van verlede maand ondermyn die Russe se bewerings dat hulle geen hand in die sterftes gehad het nie.

Bewerings van “geposeerde tonele of dat hulle nie vir die moorde verantwoordelik was nie, is na ons mening nie moontlik nie”, sê Steffen Hebestreit, Duitse regeringswoordvoerder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Elize ·

Ek kan nie meer na die nuus oor die oorlog kyk nie. Dis iets verskriklik. Wanneer sal die res kan toetree en Putin uitdryf?

Grassie ·

Dit is sekere lande, soos veral Engeland, se ou laai om hul vyande se vrouens en kinders te benadeel om daardeur die mans se moed en veggees te breek. Engeland het dit 120 jaar gelede in ons land gedoen toe meeras 27000 van ons vrouens en kinders in hul helkampe gesterf het. Ek hou nie van Poetin nie maar hy is onvoorspelbaar en die Europeërs krap nou waar dit nie jeuk nie. Daar kan dalk reaksies volg wat hulle nie verwag het nie.

MT ·

Korrek Grassie.

Nou wanneer jy in ag neem dat daardie Tweede Boereoorlog vooraf gegaan is deur erge, eensydige en haatlike propaganda deur die Engelse gedrukte media en die diamant mafiabaas Rhodes, teen die Boere van die ZAR, sal jy begryp waarom ‘n klein groepie behoudende Afrikaners nie Zelenski en sy media baronne uit die Weste vertrou nie.

Kalmkop ·

En die Weste keer kwaai vir ‘n onafhanklike ondersoek na die Bucha gebeure!! Satelliet beelde was op 16 Maart geneem, liggame is op 3 April gefotografeer, waar is die ontbinding die 2+ weke wat dit gelê het? Selfs die VN se Guterres vra vir onafhanklike ondersoek, maar word doodgepraat deur VSA en NAVO. Ek sê nie Rusland is onskuldig nie of Oëkraine is skuldig nie, maar doen ‘n deeglike onafhanklike ondersoek na die gebeure, nie ń klomp ondersoekers wat Oëkraine gaan bystaan met die ondersoek nie. Hier is net te veel “confirmation bias” in al hierdie uitsprake en artikels. Bestaan “investigative journalism” nog?

Sam ·

Verander ‘n van se manier van spelling as dit van Engels na Afrikaans geskryf word?

Putin bly mos Putin, nie Poetin.

Treurwilger ·

Sam, Poetin is ‘n Rus, nie Engelsman of Afrikaner nie.
Aangesien ons nie Russies magtig is nie, hou ons by die taal wat ons praat.

MT ·

So die oorlogsugtige VSA sluit nou die familie van Poetin by ‘n oorlog in tussen twee opponerede buurlande, terwyl Sleepy Joe se kriminele seun, Hunter, by ernstige misdaad en korrupsie betrek word, o.a. in die Oekraiene, en tronkstraf in die gesig staar, maar nog steeds belastinggeld misbruik vir persoonlike beskerming?

Hoe verklaar jy dit?

Hierdie tipe onverskillige isolasie van Rusland versterk bloot Poetin se hand, en dryf Rusland verder in die boesem van die werklike rooi gevaar, Sjina.

Deur nou Navo lidmaatskap aan Finland en Swede aan te bied, is olie op die vuur.

Marthinus W ·

Jim Matlock het die afgelope week gese dis baie onwys om n land soos Rusland n “pariah” [verstoteling, uitgeworpene] te noem en te wil maak.

Thom ·

Dit is betreuringswaardig dat jy sulke snert uit jou duim suig ___ daar is bewyse dat die lyke reeds daar gelê het terwyl die Russe nog daar was .

Treurwilger ·

Die skade aan die reputasie van gevestigde koerante soos die New York Times, Washington Post en vele ander nuusbronne die afgelope jare het ‘n wantroue en sinisme veroorsaak.
Dieselfde mense wat die vorige Amerikaanse president onophoudelik geteister het met vals beskuldigings is nou verenig in ‘n nuwe ‘campaign’.
Eie waarnemings en gevolgtrekkings, baie dankie.

Jacques ·

Netso!
Die oomblik wanneer die oogklappe afval, is die monster skielik in al sy glorie ontbloot vir almal om te sien……

Jacques ·

So….. die media verwag dat ons moet glo dat Poetin sy weermag opdrag gegee het om hom soos ‘n “oorlogmisdadiger” te laat lyk deur vasgebinde lyke in die strate agter te laat, om die aanklag van oorlogmisdadiger teen hom te versterk………………..

Dit verbaas my hoeveel mense sal sulke bewerings voor die voet sal glo……

MT ·

Die hoofstroommedia en sy goed ge-oliede propaganda masjien is so effektief dat Afrikaners wat so 40 jaar gelede erg swaargekry het weens die toepassing van sanksies, nou op en af spring van blydskap wanneer soortgelyke sanksies deur dieselfde mense teen die gemiddelde Rus ingestel word.

JohanR ·

Hoe lank gaan die Weste en NAVO die ou toelaat en voort te stoom en te verwoes?

Dries ·

Ek kan nie glo dat daar mense is in SA is wat Putin se walglike misdade goed keur nie. Waar gaan ons heen

annie ·

Mens moet die Neo-Nazi’s dit gelyk gee, hul aard na die vaartjies; slu verby. Die nageslag van Nazi’s is die VSA en Duitsland vol. Hulle sou dinge anders moes doen om Rusland terug te kry. Hoe? Deur die hele Europa, Brittanje en N-Amerika aan hul kant te kry. Ons in die EU sal beter doen as ons saamwerk en Duitsland sal moeder speel en Navo ridder/vader. Rusland word die boef wat ‘007’ troef. En so raak selfs die Jode nou oortuig dat die Russe die eintlike boewe is. Zelensky is slu/onnosel/roekeloos.

Dries ·

As daai meerkat ogies Putin daai rooi knoppie druk sal die afduimers eerste hardloop. Jy sal net sinkplate sien trek

Autobahn ·

Dit is verbasend hoeveel geduld Putin reeds met die sanksies en inmenging deur die Weste in die laaste 22 jare gewys het.
Soos Generaalmajoor Gerd Schulze-Rohnhof skryf: die werklike oorlogsmisdadigers is die figure wat van vryheid vir Oekraïne en „menseregte“ praat, maar wat eintlik gas (energie), militêrbasisse en markaandele in Oekraïne bedoel het.
As die BRD (Amerikaanse Duitsland-konstruksie) -regering verder wapens aan Oekraïne lewer en onophoudelik die wapenstilstand van 1945 met Rusland breek, is Berlyn volgende op Putin se lys.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.