Sanksies teen vier Zimbabwiese regeringshoës

(Argieffoto: @dougcoltart/Twitter)

Brittanje het Maandag sanksies teen vier Zimbabwiese amptenare ingestel ná die dood van minstens 23 mense wat teen pres. Emmerson Mnangagwa se bewind betoog het.

Brittanje, wat ʼn nuwe beleid oor sanksies volg sedert hy die Europese Unie (EU) verlaat het, sê die reisverbod en bevriesing van bates dui daarop dat hy meer vasbeslote is om menseregte in sy voormalige kolonie te beskerm.

“Die sanksies stuur ʼn duidelike boodskap dat ons hulle [die betrokke amptenare] aanspreeklik gaan hou vir die grootste menseregteskendings denkbaar, waaronder die dood van onskuldige Zimbabwiërs,” het Dominic Raab, Brittanje se minister van buitelandse sake, gesê.

“Die sanksies teiken senior mense in die regering en nie gewone Zimbabwiërs nie. Ons sal voortgaan om te vra vir die nodige politieke en ekonomiese hervorming wat alle Zimbabwiërs sal bevoordeel.”

Die vier amptenare betrokke is Owen Ncube, minister van staatsveiligheid; Isaac Moyo, direkteur-generaal van die sentrale intelligensieorganisasie, Godwin Matanga, kommissaris-gereraal van die Zimbabwiese polisiediens; en Anselem Sanyatwe, ʼn voormalige bevelvoerder van die presidentswag.

Die VSA het Ncube en Sanyatwe in Maart verlede jaar al met sanksies geteiken.

Die amptenare word daarvan beskuldig dat hulle verantwoordelik is vir die dood van 17 Zimbabwiërs toe die weermag in Januarie 2019 betogers aangeval het wat teen ʼn groot brandstofstyging betoog het.

Hulle was na bewering ook aandadig toe soldate losgebrand het op ongewapende betogers wat geprotesteer het teen ʼn vertraging in die bekendmaking van verkiesingsuitslae in Augustus 2018. Ses mense het tydens die betoging gesterf.

Die aanval het internasionale woede teenoor Mnangagwe ontketen. Dit het aanvanklik gelyk of Mnangagwe gaan wegbreek van die wreedheid en diktatorskap waarmee sy voorganger Robert Mugabe regeer het.

Mugabe is in November 2017 ontsetel nadat hy sedert 1980 aan bewind was. Hy is September 2019 dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Die Wolf ·

Net jammer dat ons nou n toestroming gaan kry. Die pap ou heining sal beslis nie help nie.

jzjz05 ·

Hoe verstaan ek dit nou, hoe het die manne bo daar gekom,dit is tog deur die toe doen van die gewone kiesser wat soos in SA die manne in stem en dan strike en alles behalwe hul self die skuld te gee

Pieter ·

Kyk na die ANC ook wat van marikana tot vandag toe se ou cyril nie n woord nie. Ons weet hy het die op drag gegee.

Susan ·

Soos swerm sprinkane …….oor die grens om hier te kom stroop en vreniel tot niks oor is soos in Zim

SomeOne ·

waar kan ons die boodskap aan britanje afgelewer kry
britanje kan julle nie sommer hier ook begin van no 1 af ondertoe tot die laaste anc en eff lakeie

DieKriek ·

Kan iemand miskien verduidelik hoe jy sanksies teen regeringsbeamptes instel sónder om die gewone mense te raak?

Elize ·

Watse sanksies word teen hulle ingestel? Mag hulle nie meer brood koop nie of wat? Dit is nie duidelik wat hulle doel met dit is nie en wie gaan hulle monitor met die sanksies?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.