Saoedi-aanval: Oliepryse styg skerp; VSA blameer Iran

‘n Satelietfoto wat na die aanval geneem is. Foto: (Planet Labs Inc via AP, File)

Die prys van ruolie het Maandagoggend die hoogte ingeskiet na die naweek se aanval op Saoedi-Arabië se olie-aanlegte.

Pres. Donald Trump het intussen gewaarsku dat die VSA gereed is om te reageer.

Die hommeltuig-aanval het die ergste ontwrigting van wêreldvoorrade op rekord veroorsaak. Amerikaanse amptenare het satellietbeelde beskikbaar gemaak van die skade aan die Abqaiq-olieverwerkingsaanleg. Dié amptenare meen Saterdag se aanval het eerder uit Irak of Iran gekom as uit Jemen. Die Hoethi-rebellebeweging wat uit Jemen bedryf word, het egter verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar.

Iran het die VSA se beskuldiging egter as leuens bestempel. Optrede van enige kant af kan egter in konflik ontaard in die Persiese Golf na die afgelope paar maande se oorlogspraatjies.

Daar was reeds geheimsinnige aanvalle op olietenkers wat Amerika op Teheran blameer, minstens een Israeliese lugaanval teen Sjiïtiese magte in Irak en Iran wat ’n Amerikaanse militêre hommeltuig neergeskiet het.

‘n Skermgreep uit ‘n video wys hoe rook in die lug opstyg na die aanval. Foto: (Al-Arabiya via AP, File)

Brent-ruolie het in die eerste oomblikke van verhandeling Maandag byna 20% gestyg voordat dit tot 10% hoër teruggesak het. Brent-ruolie het vroeg teen sowat $60 per vat verhandel en toe tot meer as $66 per vat gestyg.

Saterdag se aanval het tot gevolg gehad dat die produksie van 5,7 miljoen vate ruolie per dag tot stilstand gekom het. Dit is meer as die helfte van Saoedi-Arabië se daaglikse internasionale uitvoere, en meer as 5% van die wêreld se daaglikse produksie van ruolie.

Volgens Saoedi-Arabië sal sy reserwevoorrade wêreldwye markte kan voorsien terwyl dringende herstelwerk aan sy Abqaiq-aanleg gedoen word.

Trump het gesê die VSA het rede om te glo dat hy weet wie vir die aanval verantwoordelik was. Die president se staatsekretaris het Iran die skuld gegee. Trump het sy Twitter-volgelinge verseker dat Amerika gereed staan, afhangend van bevestiging, en dat hulle wag om van Saoedi-Arabië te hoor wie hulle glo vir die aanval verantwoordelik was en “onder watter voorwaardes ons sou voortgaan!”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Elna ·

Nou gaan ons in SA eers saffer ai jai jai waar gaan als eindig?

Arak ·

Ek is van mening dat dit nie Iran was nie, maar eerder Israel, wat nou al vir hoe lank probeer om die V.S.A. en Iran in ‘n oorlog te forseer. Netanyahu kort die oorlog om hom uit die tronk te probeer hou.

W S von Willich ·

Wie op aarde stel belang in die “mening” van n onbekende indien geen feite of gronde vir die bespiegeling vertrek word nie?

Mariska kruger ·

Hoekom wil mense aspris die wereld so vernietig? Hoekom mense wat reeds swaar kry nog meer laat swaar kry, Die mensdom vandag is net selfsugtig en agterbaks en wil net vir hulle eie sakke sorg! Nee magtig man!!

Jan ·

@Mariska – hier is nou nie plek vir ‘n lang antwoord nie maar regtig, doen jouself die guns om bybel profesie te studeer. Dit laat mens na jou asem snak om te sien hioe al hierdie dingetjies deel vorm van ‘n groot gebeurtenis wat tans besig om af te speel en in ‘n baie groot hoogtepunt gaan eindig. Ek weet baie mense wil niks hoor sodra hulle die woord “Bybel” hoor nie, maar ons het ‘n ongelooflike God wat vir lank gelede al hierdie voorspel en van vertel het.

HPV ·

Slegs ‘n derdewêreldoorlog sal die mensdom weer tot besinning ruk, die verskrikking van die vorige wêreldoorloë is lankal vergete. Dit is ongelukkig ook so dat ons westerse samelewings onself moet verdedig om ons voortbestaan te verseker.

aj ·

Hoe weet ons dit is nie net ‘n ‘scam’ om die olieprys te kan verhoog nie?

‘Niks’ is wat dit ‘voorgee’ om te wees nie!

Wie ‘score’ finansieël a.g.v die ‘insident’?

B ·

VSA = ‘Misdade teen die mensdom’. Sal nie verbaas wees as hulle dit bewimpel het nie.

Chris ·

Een woord: Gierigheid! Mense sal enigiets doen vir geld en mag.

JohanL ·

Ek hoop nie die Amerikaanse amptenare is dieselfde lot wat destyds “wapens vam massa vernietiging”in Irak gesien het nie! En ons weet hoeveel van die sogenaamde wapens is toe destyds opgespoor. Dan is daar dalk net weer ‘n oorlog wat nie moes gewees het nie. Maar ja, olie gaan seker vir jare nog ‘n oorsaak van menige oorlog wees.

Sinies ·

Wie moet desperaat die oliepryse opjaag om hul ekonomie te ondersteun?

Soek die oorsprong daar.

Anoniem ·

Gryp net asb die regte skuldiges want swaarkry gaan ons swaarkry !

Marthinus Willemse ·

Die webwerf ’24/7 Wall Street’ se 2012 lys van die 10 rykste lande wat natuurlike hulpbronne betref, is: 1) Rusland, 2) VSA, 3) Saoedi-Arabië, 4) Kanada, 5) Iran, 6) China, 7) Brasilië, 8) Australië, 9) Irak, 10) Venezuela. Kyk bietjie watter lande is tans in die VSA se visier.

Die Iranese is nie dom nie. Hulle sal nie so iets doen nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.