SAOG wil minder steun op buitelandse fondse

Pres. Cyril Ramaphosa by die SAOG-beraad (Augustus 2019) (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) wil voortaan minder steun op finansiering van ander lande, het die nuwe hoof van die organisasie Sondag gesê ná ʼn twee dag lange beraad in Dar es Salaam, Tanzanië.

“Ons moet ons ekonomie verbeter sodat ons ons afhanklikheid kan verbeter,” het John Magufuli, president van Tanzanië, gesê.

Byna 42% van die SAOG se algehele begroting vir 2019/20, sal deur eksterne donateurs verskaf word.

Magufuli het gesê hy wil internasionale handel ʼn hupstoot gee deur ontslae te raak van handelsbeperkings en om infrastruktuur te verbeter.

Die voormalige hoof van die SAOG, Namibiese president Hage Geingob, het Saterdag die leisels aan Magufuli oorhandig.

Magufuli het gesê die industrialisasie van die streek sal sy grootste prioriteit bly tydens sy ampstermyn. Volgens hom is dit onaanvaarbaar dat ʼn streek, wat ryk is in hulpbronne, as arm beskou word.

Hy versoek dat voortgesette sanksies op Zimbabwe, deur Westerse lande, opgehef moet word.

Die SAOG bestaan uit 16 lande, waaronder Suid-Afrika, Zimbabwe, Namibië, Angola en Botswana.

Die SAOG-leiers het tydens die beraad die besluit, of Burundi by die groep ingesluit moet word, uitgestel. Volgens die leiers moet die land nog verbeterings op ʼn paar gebiede aanbring. ʼn SAOG-afvaardiging sal die verbeterings monitor en terugrapporteer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Johan ·

Afrika het baie hulpbronne wat onderbenut is. En waar dit wel aangewend word, is daar grootskaalse korrupsie en onbeholpenheid. En by ons speel die skeefgetrekte BEE ‘n al groter rol om ons ekonomie skerp te laat afplat.

Johan antivirus ·

BEE is die grootste euwel wat SA nog ooit gesien het. Dit sal nog -en het amper al klaar- SA se finansiele ondergang beteken. Dis die grofste uitdrukking van blatante rassisme wat die wereld nog ooit gesien het, maar geen haan kraai nie. Ons besigheids eienaars moet summier hierdie absolute skending van basiese menseregte en growwe rassisme afskaf en dit geensins ondersteun nie. Die regering het nou lank genoeg hulle omgekeerde nwo rassisme toegepas. Hulle afbreek van ons land en die burgers van SA moet nou einde kry voor die skip totaal en al sink.

Johanna Botha ·

Ja want niemand wil meer hier bele nie, en belastingbetaalers is landuit !

Maljan ·

WIL hulle minder steun of MOET hulle minder steun omdat buitelándse simpatie verminder en tot minder fondse lei?

aj ·

Kyk hoe verwring hulle die realiteit t.o.v.. Zimbabwe!

Hulle ‘demand’ dat die Weste die sanksies teen Zimbabwe moet staak .
.. in plaas daarvan om Zimbabwe regering te dwing om aan die internasionale eise te voldoen!

Volgens hulle is die WÊRELD verkeerd …. en die ZIM KRIM is reg!

‘When will they ever learn?’

DONKER AFRIKA!

Gert van Wierdapark ·

“Droom maar voort daar in Daar-Es-Alaam, my China!!!

Gemaskerde Sopbeen ·

Dit moet darem erg frustrerend wees om te “WIL” maar nie te weet “HOE” nie?

Kobus ·

Wat het die SAOG al ooit bereik? Menseregte is nie hoog op hulle agenda nie.

Therese ·

“Byna 42% van die SAOG se begroting vir 2019/20 sal deur eksterne donateurs verskaf word”.
Verstommend!

Hierdie is uit en uit ‘n kwessie van westerse lande wat hul koloniale gewetes sus.
Daar moes reeds dekades gelede aan “eksterne donateurs”verduidelik word dat die probleme in Afrika vererger word deur “donasies”, nié verbeter nie.
Wanneer gaan dit eendag deurdring?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.