Schumacher maak vordering, sê dokter

Michael Schumacher Foto: digitaltrends.com

Michael Schumacher Foto: digitaltrends.com

Die voormalige Formule 1-renjaer Michael Schumacher maak vordering nadat hy ʼn ernstige kopbesering opgedoen het, het ʼn dokter wat hom behandel, Donderdag gesê.

“Ek merk vordering op, maar ek dink ons moet hom tyd gun,” het Jean-Francois Payen aan die Franse radiostasie RTL en Le Parisien-koerant in onderhoude gesê.

Schumacher het op 29 Desember 2013 geval en sy kop teen ʼn klip gestamp toe hy by die Meribel-oord geski het. Hy het twee operasies ondergaan voordat hy kunsmatig in ʼn koma gehou is. Dokters by die universiteitshospitaal in Grenoble het hom laat in Januarie stadigaan begin wakker maak.

Hy is intussen ontslaan en word by sy huis in Switzerland behandel, maar Payen sê dit kan nog ʼn hele ruk lank duur. “Dit is soos enige ander pasiënt. Dit kan enigiets tussen een en drie jaar lank duur en ons moet geduldig wees,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

3 Kommentare

Elizabeth ·

Ai ou grote, ons dink met elke F1 aan jou. Hoop tog regtig jy herstel voldoende, sodat jy ‘n goeie lewe kan ly en deel kan wees van jou gesin.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.