“Schumacher sál ontwaak” – woordvoerder

Michael Schumacher

Michael Schumacher

Sabine Kehm, woordvoerder van Michael Schumacher, het in ‘n seldsame verklaring gesê dat die oud-renkampioen beslis sal ontwaak.

Dit is egter nie duidelik of Sabine uit haar hart praat, of gepraat het op sterkte van mediese getuienis nie.

Schumacher is al die afgelope 89 dae in ‘n kunsmatige koma na ‘n ski-ongeluk in Desember in die Franse Alpe.

Kehm het, met verwysing na die mediese span, bloot gesê die familie vertrou die dokters ten volle, en dat hulle “daarvoor stry” dat Schumacher sal ontwaak.

Die dokters probeer al sedert die einde van Januarie om Schumacher uit die kunsmatige koma te wek, maar tot dusver nog sonder sukses.

Onlangs is in die media berig dat Schumacher “wegkwyn” in die hospitaal.
Bron: De Standaard

Lees ook:
Schumi maak “klein bewegings”
Schumacher steeds in koma
Schumacher dalk “vir altyd” in ‘n koma
Beeldmateriaal van Schumi-ongeluk word ondersoek
“Geringe verbetering” in Schumacher se toestand
Franse speurders soek Schumi-video
Schumacher-ongeluk word ondersoek
Michael Schumacher steeds kritiek
Michael Schumacher se toestand versleg
Michael Schumacher erg beseer in ski-ongeluk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Peter Says ·

shannon, met jou uitkyk op die lewe, sal n wonderwerk seker met n groot KNAL plaasvind…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.