Volgens Felipe Massa, die Williams Formule 1-bestuurder, maak Michael Schumacher klein bewegings met sy mond, berig independent.ie.
Schumacher was op 29 Desember in ʼn ski-ongeluk en word sedertdien in ʼn mediese koma gehou by die Universiteitshospitaal in Grenoble. Sabine Kehn, Schumacher se bestuurder, het vroeër bevestig dat hulle stadigaan besig is om die medikasie te verminder om hom uit die koma te haal, maar dat die ʼn “uiters lang proses” kan wees.
Massa het gesê hy het aan die einde van Januarie sy vriend in die hospitaal besoek. “Hy het geslaap en ek was baie positief, want hy was normaal,” het Massa gesê. “Hy lyk normaal en hy het ook reaksies met sy mond getoon.”
Lees ook:
Schumacher steeds in ‘n koma
Schumacher dalk “vir altyd” in ‘n koma
Beeldmateriaal van Schumi-ongeluk word ondersoek
“Geringe verbetering” in Schumacher se toestand
Franse speurders soek Schumi-video
Schumacher-ongeluk word ondersoek
Michael Schumacher steeds kritiek
Michael Schumacher se toestand versleg
Michael Schumacher erg beseer in ski-ongeluk
Dis goeie nuus. Ek hoop steeds dat hy ten volle sal herstel.