Schumi word wakker gemaak

Michael Schumacher Foto: www.dw.de

Michael Schumacher Foto: www.dw.de

Michael Schumacher se dokters het die proses begin om hom uit ʼn mediese koma wakker te maak, het sy bestuurder Donderdag gesê.

Die 45-jarige F1-kampioen het op 29 Desember by die Meribel-ski-oord in die Franse Alpe geval en ʼn ernstige kopbesering opgedoen. Hy is sedertdien nog medies onder verdowing gehou.

“Michael se verdowing word stadigaan verminder om hom toe te laat om wakker te word,” het Sabine Kehm, Schumacher se bestuurder, in ʼn verklaring gesê. “Dit kan baie lank duur.”

Die rede waarom die dokters die medikasie wil verminder, is om te sien of die swelsel al in die pasiënt se brein gesak het, en om te bepaal watter vlak funksies hy oorgehou het.

Kehm sê hy verskaf slegs ʼn berig oor Schumacher se toestand om enige inligting wat in die media uitlek, te verduidelik en seker te maak dat geen ander inligting verskaf word nie.

Die Franse koerant l’Equipe het Woensdag eerste oor die jongste verwikkelinge berig. “Michael se familie versoek weereens dat hul privaatheid gerespekteer sal word,” het Kehm gesê. “Hulle spreek egter hul waardering uit vir die simpatie wêreldwyd.” -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.