Sean Connery sterf

Sean Connery (Foto: Twitter/London Theatre Direct)

Die Skotse rolprentster sir Sean Connery is in die ouderdom van 90 oorlede.

Connery was veral bekend vir sy vertolking van die ikoniese Britse spioen James Bond.

Connery het rustig in sy slaap in die Bahamas gesterf nadat hy ’n ruk lank siek was, het sy seun bevestig.

Connery was die eerste akteur om 007 in 1962 na die grootskerm te bring – ’n rol wat hy in sewe films van dié spioenreeks vertolk het.

Connery het in sy loopbaan van sowat vier dekades lank ’n Oscar, twee Baftas en drie Golden Globes ingepalm.

Van Connery se ander films sluit in The Hunt for Red October, Indiana Jones and the Last Crusade en The Rock.

Hy is in 2000 deur koningin Elizabeth tot ridder geslaan.

Connery het in Augustus 90 jaar oud geword.

Sir Sean Connery as James Bond. (Foto: Twitter)

Bronne: BBC, SkyNews, Variety

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Bregterblom ·

So stap die tyd. ‘n Stem wat mens altyd sal herken. Rus sag!

JohanR ·

Die beste James Bond, en wat n stem. Dankie vir die herinneringe.

Jan ·

Rus in Vrede Mnr Connery ons gaan jou altyd onthou !!! Beste JB ooit !

Duck ·

Joh, ek kon nie glo hy was 90 nie, altyd so perfek en was ”n regte gentleman
So raak ons almal ouer en moet maar een of ander tyd die “plug trek”…sadly

Anel ·

Beste James Bond. Baie aantreklik en wat ‘n stem! Rus sag.

antieke antie ·

ek is n groot bewonderaar en het jare geglo hy is die beste…. al was ek redelik ontsteld toe ek hoor hy het sy vrou geslaan…. en dit is vir my n baie groot no-no…. maar sy akteurs talent was groot

Mad Mike die Rhodesiër ·

Groot verlies van ‘n GROOT ster. Het al sy films gesien. EN vertoon in die tyd dat ek as ‘n vertoonman by Ster-Kinekor gewerk het. “Soraidh slàn, Sir Sean.”

Hennie J ·

Daar was net een Bond…………….James Bond. Dankie Sir Connery dat jy my held was en rus in vrede.

Cherokee ·

1.
Nou vertel ek julle iets uit die (dink…) middel 70’s.
‘n Groep mense onder leiding van die waaghals wat Sean Connery se waagtoertjies gedoen het, het ons vliegveld gehuur ter wille van ‘n motor vertoning een Saterdagaand, waar ondermeer, die symste waaghals ‘n kar op die sy kantel en op twee wiele oor die lengte van die aanloopbaan ry. Dit was gedoen met behulp van ‘n helper wat bo-op een kant staan om die kar te balanseer.
Oom Ben het oor die aanloopbaan geloop na die anderkant en (kan nie sy naam onthou, maar) die ou wat Sean Connery se waagtoertjies gedoen het, gryp oom Ben aan sy skouer en heup en hardloop met hom oor die aanloopbaan.
Vervolg…

Cherokee ·

2.
In opvolg…
Oom Ben, wat daardie jare die hooflanddros van die dorp was, skreeu vir Oom Daan, die eienaar van ‘n Beechcraft Baron, om hulp. Oom Daan, was nie net een van die groot sakemanne in die dorp nie, hy was was ook een van die fighters van die dorp. En Oom Daan slaat Sean Connery se waaghals met een hou katswink op die aanloopbaan!
Daardie oomblik storm die groep wat die vertoning doen af op Oom Daan en Oom Ben, en die twee laat spaander tussen die mielies in. Die karre het gedraai en hul ligte gewerp op die mielielande, maar Oom Daan het later vertel hy en oom Ben het langs mekaar in ‘n ry mielies gestaan en probeer om so dun soos ‘n mielie te wees! Hulle het tou opgegooi met die soekery en weer voort gegaan met die vertoning. Die twee omies het stil stil weer by ons aangesluit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.