Sebra vrek in gholfbaan-meer

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

ʼn Sebra wat ure lank amok gemaak het op ʼn gholfbaan in Japan het gevrek nadat ʼn paar mans, insluitend polisiebeamptes, hom agterna gesit het.

Volgens die polisie het die sebra vermoedelik verdrink nadat hy met ʼn verdowingspyl geskiet en in die meer beland het.

Die tweejarige sebra het Dinsdag uit ʼn perdryklub ontsnap. Hy het aan ʼn plaas in die Aichi-distrik in sentraal Japan behoort.

Teen Woensdagoggend het hy egter op ʼn nabygeleë gholfbaan beland en beeldmateriaal wys hoe hy tussen die gate rondhardloop.

Verskeie persone het die dier op die gholfbaan agterna gesit, maar hulle het tevergeefs probeer om hom te vang. Die dier het dadelik weer weggehardloop wanneer hulle nadergekom het.

Die sebra is met ʼn verdowingspyl geskiet en het toe in die meer in gehardloop. Hy is binne minute gered, maar sy hart het gaan staan en alle pogings om hom by te bring, het misluk, het Takahiro Taniguchi van Tajimi-polisie in Gifu gesê.

Alhoewel die oorsaak van die sebra se dood nog nie bekend is nie, word daar vermoed dat, alhoewel hy van die verdowingsmedikasie kon gevrek het, hy waarskynlik verdrink het, het Tniguchi bygevoeg. ʼn Veearts op die toneel het gesê dit wil voorkom of die sebra verdrink het. “Ons het hom uitgehaal, maar sy hart het gaan staan.”

– YURI KAGEYAMA
https://youtu.be/7oEv_TCuJTI

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Samantha ·

Jammer maar die dier het nie gevrek nie ,hy het gesterf….

Elize C ·

Samantha, ek het ook grootgeword met die verstandhouding dat ‘n mens ‘sterf’, en enige dier ‘vrek’, en daarmee word absoluut geen dis-respek bedoel teenoor die dier se lewe nie, dit is maar net die uitdrukking wat gebruik word. Dit is regtig baie jammer dat die arme sebra sy “uitstappie” – gesê met die tong in die kies – nie oorleef het nie, hy was waarskynlik vreesbevange oor die vreemde omgewing, asook die mense wat hom aanhoudend agterna sit. Om dan nog verdoof te word, wat klaar ‘n invloed op die hart het, en dan nog in water te beland, was seker net te veel vir hom om te hanteer. Dankie in elk geval dat daar minstens probeer is om hom te kalmeer om te kan terug-skuif na sy bekende omgewing, en dat hy nie summier net eenvoudig dood geskiet is nie.

Hannelie ·

Elize C, Samantha is net lief vir diere. In my oë sal my diere ook sterf en nie vrek nie. Dit klink net nie so bar nie. Jammer dat die arme dier so ‘n dood tegemoet gegaan het.

Gesiggie ·

Ek word so hartseer om dit te lees… ek is ongellooflik lief vir Zebra’s en dit is vir my so n mooi dier… ek dink nie die mense het reg opgetree teenoor die arm Zebra” en ja ek stem Elize… ek dink die arm dier was so uitgeput” van al die gejaag.. en die verdwowing was net die trigger”’ sjaim ek voel so jammer vir hom… Ek is seker hul kon anders opgetree het. Stop dan maar die golf, tot die dier besluit om sy eie weg te neem. RIP Klein Zebra’tjie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.