Seekoei vir dinosourus aangesien

"A-ho" nadat hy van die vragmotor afgeval het Foto: Taipei Times

“A-He” nadat hy van die vragmotor afgeval het Foto: Taipei Times

Inwoners van Taiwan het ʼn seekoei, wat van ʼn vragmotor afgespring het, vir ʼn dinosourus aangesien.

Die vragmotor het die seekoei vervoer toe dit paniekerig geraak en van die voertuig afgespring het, berig ABC News. Die seekoei het glo een van sy bene en ‘n paar tande gebreek, maar sal na verwagting ten volle herstel. Die seekoei is van Miaoli na die Sky-dieretuin vervoer.

Verwarde inwoners het aan owerhede gesê daar is ʼn dinosourus op vrye voet.

Volgens plaaslike media is die seekoei, genaamd “A-He”, ʼn groot aanloklikheid op die plaas waar hy bly en het al selfs ʼn paar jaar gelede in ʼn televisiereeks verskyn.

Bron: Taipei Times, ABC News

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.