Seine ís van vermiste vliegtuig – Australiese premier

malaysia airlines vermiste vliegtuigAustraliese ondersoekers gaan van die standpunt uit dat die seine wat onder die see gevind is, wel van die vermiste Maleisiese vliegtuig van vlug MH370 afkomstig is.

Reuter het premier Tony Abbot tydens ’n besoek aan China aangehaal. Abbot maan egter dat dit nie beteken dat die vliegtuigwrak self gevind sal word nie. Die ondersoekers weet bloot waar die twee swart boksies wat aan boord was en wat onderskeidelik vlugdata en stemopnames gemaak het, hulle bevind.

Die see is op die plek sowat 4,5 kilometer diep.

Die swart boksies se batterye kan seine ongeveer dertig dae lank ondersteun, waarna die seine al swakker sal word tot dit ophou.

Bron:
Reuters

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.