Seine van vermiste EgyptAir-vliegtuig dalk uit diepsee ontvang

Argieffoto: (AP Photo/Raphael Satter)

Argieffoto: (AP Photo/Raphael Satter)

Seine wat vermoedelik afkomstig is van die vlugopnemer van die vermiste EgyptAir-vliegtuig, wat in Mei in die Middellandse See neergestort het, is vermoedelik deur ʼn Franse skip opgevang.

ʼn Egiptiese ondersoekspan het Woensdag die aankondiging gemaak en gesê die skip het spesiale toerusting om na die vlugopnemers te soek. Die seine kom van die seebodem. Ondersoekers hoop as dié vlugopnemer opgespoor word, sal dit meer lig werp op wat veroorsaak het dat die lugredery se vlug MS804 neergestort het.

Kontak met MS804 is op 19 Mei omstreeks 02:30 verloor en dit het van die radar verdwyn. Die vliegtuig was van Parys na Kaïro op pad en sou om 03:15 land.

Ondersoekspanne het reeds wrakstukke, vliegtuigsitplekke, besittings van die passasiers en liggaamsdele gevind.

Volgens die owerhede is dit waarskynliker dat die vliegtuig, met 56 passasiers en 10 bemanningslede aan boord, neergestort het weens ʼn terreuraanval as weens tegniese probleme.

Lees alle vorige berigte oor EgyptAir Vlug MS804 op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.