Seine van vlugopnemer weer opgespoor

malaysia airlinesToerusting op ʼn skip wat op soek is na die vermiste vliegtuigwrak van Malaysia Airlines, het weer die onderwatersein opgespoor wat soortgelyk is aan die vliegtuig se vlugopnemer.

“Die Ocean Shield van die Australiese vloot het nog twee onderwaterseine opgespoor wat moontlik aan Vlug 370 kan behoort,” het Angus Houston, hoof van die gesamentlike agentskap wat die soektog in die suidelike Indiese Oseaan koördineer, Woensdag gesê.

Die Ocean Shield het Saterdag en Sondag die seine opgetel, maar dit weer verloor. Houston sê die skip het Dinsdag weer twee keer die seine opgetel.

Die skip is toegerus met ʼn toestel wat ontwerp is om seine van vliegtuie se vlugopnemers op te spoor.

Die vliegtuig met 239 mense aan boord het op 8 Maart spoorloos verdwyn. Die area van die soektog is ʼn 217 000 vierkante kilometer-sone in die suidelike Indiese Oseaan, sowat 1 700 km noordwes van Perth, Australië. Ondersoekers hoop dat die vlugopnemers lig sal werp oor hoekom vlug MH370 van sy vlugroete van Kulala Lumpur na Beijing, afgewyk het.

Lees ook:
Chinese skip kry sein in Indiese Oseaan
Vermiste vliegtuig: ‘n Stryd teen tyd
Raaisel oor vermiste vliegtuig dalk nooit opgelos
Voorwerpe nié deel van vermiste vliegtuigwrak
Nuwe soekgebied vir vermiste vliegtuig
Soektog na vermiste vliegtuigwrak duur voort
Malaysia Airlines betuig meegevoel met naasbestaandes
Vermiste vliegtuig het neergestort; almal aan boord oorlede
Vermiste vliegtuig: Noodvergadering belê
Vermiste vliegtuig: Frankryk verskaf ook satellietbeelde
Vermiste vliegtuig: Nog satellietbeelde van drywende voorwerpe
Nog geen teken van wrakstukke van vermiste vliegtuig
Wrakstukke van vermiste vliegtuig moontlik gevind
Maleisië sê vermiste vliegtuig is gekaap
Maleisië ontken vermiste vliegtuig het aanhou vlieg 
Olieboor-werker sê hy het vermiste vliegtuig gesien
Vermiste Boeing: Passasiers se selfone lui; vliegtuig steeds soek
Vermiste Boeing: “Vreemde voorwerp” opgemerk
Misterie om verdwene Maleisiese passasierstraler verdiep
Vermiste Boeing dalk gekaap
Vermiste vliegtuig het in see gestort; 239 vermis, bevestig Viëtnam
Boeing met 239 passasiers vermis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.