Seinfeld-aktrise sterf  

Estelle Harris (Foto: David Livingston/Getty Images/AFP)

Estelle Harris, die aktrise wat bekend was vir haar rol in die ikoniese Seinfeld-reeks, is in die ouderdom van 93 oorlede.

Haar seun, Glen Harris, het aan Deadline bevestig sy ma is Saterdagaand aan natuurlike oorsake in Kalifornië dood. Sy sou oor ʼn paar weke 94 jaar oud geword het.

Harris is bekend vir haar vertolking van die rol van George Costanza (Jason Alexander) se ma, Estelle, in Seinfeld.

“Haar goedheid, passie, sensitiwiteit, humor, empatie en liefde was feitlik ongeëwenaard, en sy sal verskriklik gemis word deur almal wat haar geken het,” het Glen oor sy ma gesê.

Sy is as Estelle Nussbaum op 22 April 1928 in New York gebore. Sy het tussen 1992 en 1998 in 27 episodes van Seinfeld verskyn. Sy het groot sukses op die verhoog, die silwerdoek en op TV gehad in reekse soos Futurama, The Looney Tunes Show, Curb Your Enthusiasm, ER, The Mask, Night Stand, Star Trek: Voyager, Mad About You en Married with Children.

Harris is ook bekend vir die stemwerk van die karakter Mrs Potato Head in drie aflewerings van Pixar se Toy Story-franchise (2, 3 en 4).

Harris word oorleef deur drie kinders, drie kleinkinders en ʼn agterkleinkind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.