Seksklagte teen nóg twee Hollywood-akteurs

james franco

James Franco. (Foto: Jordan Strauss/Invision/AP)

Talle vroue het verdere aantygings van onvanpaste seksuele gedrag teen die akteur James Franco gemaak terwyl die Oscar-bekroonde akteur Michael Douglas ʼn voorbehoedende verklaring uitgereik het oor potensiële aanklagte teen hom.

In ʼn berig wat Donderdag deur die Los Angeles Times gepubliseer is, het twee voormalige leerlingaktrises vertel van negatiewe ondervindinge op stel saam met Franco, bekend vir sy rolle in flieks soos Pineapple Express en 127 Hours, waarvoor hy vir ʼn Oscar-toekenning benoem is.

Sarah Tither-Kaplan het aangevoer dat Franco drie jaar gelede tydens ʼn orgie-sekstoneel vir die fliek The Long Home, die plastiekomhulsels wat aktrises se privaatdele beskerm verwyder terwyl hy seks gesimuleer het.

Voormalige studente van Franco se dramaskool, Studio 4, het beweer daar was ʼn onprofessionele kultuur by dié skool waar hy sekstoneelklasse aangebied het. Die skool is nou gesluit. Twee vroue het gesê Franco het kwaad geword toe geen aktrise bostukloos wou gaan tydens ʼn toneel in ʼn ontkleeklub nie. Een van die bostuklose tonele waarin Tither-Kaplan verskyn is op die videostromingsdiens Vimeo gelaai.

Violet Paley het gesê Franco het tydens hul verhouding haar een keer gedwing om orale seks met hom te hê in ʼn motor.

Franco het Woensdagaand in ʼn onderhoud met Seth Meyers op sy kletsprogram gesê die bewerings deur Tither-Kaplan en Paley is “onakkuraat”, maar dat hy die vroue se reg om hul perspektiewe uit te druk ondersteun. Franco se prokureur het teen Donderdag die bewerings teen Franco ten sterkste ontken.

“Hierdie is stories wat moet uitkom, van mense wat nodig het om gehoor te word. Ek het my eie kant van dié storie, maar ek glo dat hierdie mense onderverteenwoordig is om hul stories uit te kry. Ek sal dinge terughou wat ek kan sê net omdat ek soveel daarin glo,” het Franco aan Meyers gesê. “As ek ʼn hou moet vat omdat ek nie, jy weet, probeer om aktief dinge te weerlê nie, dan sal ek, want ek glo soveel daarin.”

Die aktrise Ally Sheedy, bekend vir haar rolle in flieks soos The Breakfast Club en St. Elmo’s Fire, het op Twitter gesê dat Franco ʼn voorbeeld is van hoekom sy die fliekbedryf verlaat het. Die twiet is intussen verwyder. Franco het Dinsdag aan Stephen Colbert op The Late Show gesê hy “het geen idee” hoekom Sheedy dit gesê het nie. Hy was in 2014 die regisseur van ʼn Off-Broadway-teaterstuk waarin Sheedy gespeel het.

Verskeie van Franco se medewerkers het hom verdedig ten opsigte van sommige van die aantygings. Vince Jolivette, Franco se produksievennoot by Rabbit Bandini-produksies wat Studio 4 aangebied het, het gesê die skool was “altyd professioneel bestuur” en dat hy die saak ondersoek.

In 2014 het Franco glo deur Instagram-boodskappe by ʼn 17-jarige Skotse aanhanger aangelê. Franco het na die tyd gesê hy is “verneder” en het gesê sosiale media is “moeilik”. “Ek het slegte oordeel gebruik en my les geleer,” het Franco destyds gesê.

michael douglas

Michael Douglas. (Foto: Richard Shotwell/Invision/AP)

Intussen het Michael Douglas, die Oscar-bekroonde akteur en man van die aktrise Catherine Zeta Jones, ʼn voorbehoedende verklaring waarin hy klagtes van seksuele wangedrag ontken, uitgereik. Hy het gesê hy wou potensiële stories wat deur Hollywood-publikasies ondersoek word in die kiem smoor.

In ʼn onderhoud met die vermaakbedryfwebwerf Deadline.com, wat Dinsdag gepubliseer is, het Douglas ontken dat hy 32 jaar gelede voor ʼn vrou wat vir hom gewerk het gemasturbeer het.

“Dit is ʼn totale leuen; daar is hoegenaamd geen waarheid daarin nie,” het Douglas gesê.

Die beskuldiging deur die ongeïdentifiseerde vrou is nog nie gepubliseer nie, maar Douglas is in Desember deur sy regsverteenwoordigers ingelig dat The Hollywood Reporter en ander publikasies haar bewerings ondersoek.

“Ek het gevoel ek moet voorbrand maak,” het die 73-jarige Douglas aan Deadline.com gesê. “Ek het die keuse gehad om te wag vir ʼn storie om uit te kom, een wat duidelik opgetel sal word deur ander koerante en tydskrifte en dan moet ek daar sit en myself verdedig.”

Douglas het gesê hy ondersteun die #MeToo-beweging deur diegene wat hul stilte wil verbreek oor seksuele wangedrag in die verlede, en dat hy die ondersteuning van sy vrou en kinders het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Eish ·

Ja née, Hollywood se voortdurende beheptheid met sekstonele baar nou wrange vrugte.
Die monemtum bou op wat dalk die rede is hoekom soveel nou bieg oor beweerde mishandling.
Nog n liberale bom wat afgaan en skarpnel in alle rigtings stuur.
Telkens wanneer ons afwyk van die Handleiding van die mens, is dit onbeskermde gebied en geld die waarborg nie.

Kobus ·

Dit raak nou eentonig.Spring in die bed met akteurs net om later slagoffer te speel.Kollega van my het so n step afgetrap.Hy het n dame aangespreek oor haar werkprestasie.Huilend by sy kantoor uitgestorm en n klag van teistering teen hom gaan lê en het van haar vriendinne haar verklaring ondersteun.Hy is summier afgedank,sy vrou en kinders verloor en kon nooit sy onskuld bewys nie.n Paar jaar later het een van die vriendinne se gewete haar gery en het sy die aangeleentheid probeer regstel.Ongelukkig te laat,n hele huisgesin verwoes.Dames,wees asb eerlik voordat mense seerkry

Denise ·

Ek verstaan nie hoekom iemand so lank vat om so n oortreding teen die persoon aan te meld nie hoekom so lank wag ek sal dadelik as die persoon skuldig is n klag teen hom haar maak nie jaaaaaare wag nie????????

Blondie ·

Did regtig jammer. Soveel mense kry daardeur seer en lewens word verwoes.

snoefie ·

hulle het geswyg solank as wat hulle voordeel uit die situasie getrek het. wat is die woord wat ek tog soek om eie “situasie” op te klaar?

snoefie ·

hulle het geswyg solank as wat hulle voordeel uit die situasie getrek het. wat is die woord wat ek tog soek om die “situasie” op te klaar?

Kosie Kramer ·

Kaplan is `n aktrise wat deelgeneem het aan `n verfilmde seksorgie, maar kla oor beskerming wat verwyder is …??? Waarom in die eerste plek die toneel doen?

Ons mans kan regtig `n oorlas wees, maar as ons weens die vrees van aanklagte weens onbehoorlike gedrag ophou om ons gevoelens teenoor die skoner geslag te wys, verloor ons ons menslikheid. Dan sal slegs robotte toegelaat word om toenaderings tot vroue te maak.

Valerie ·

Net vir inligting. Michael Douglas se vrou, catherine Zeta was ‘n ontkleedanseres (stripper) in haar jonger dae. Nou kyk, dit vertel my boekdele van die ou, en ek onthou jare gelede sy sekskepades te goed. So hy maak sommer voor die aantygings al verskonings.
Hollywood is so vrot soos kan kom.

Rupert Ashford ·

Hierdie lot met “die volgende Amerikaanse prez” vooraan probeer hulle bes om hierdie storie te bestuur en die fokus te probeer hou sodat dit ‘n “man bashing” oefening kan bly. Daar is egter blykbaar baie meer (Corey Feldman se storie e.a.) wat die hele sirkus kan verwoes maar hulle veg verwoed om daardie dele van die storie onder die kombers te hou. Sal interessant wees om te sien hoe dit gaan eindig. My voorspelling is dat dit oor 6 maande sal oorwaai en dan sal Hollywood net lekker voortgaan…of dit kan totaal ontplof maar kan ons so gelukkig wees? :-)

Stephen Namibia ·

Kobus ek stem saam.
Ek kom uit die era waar jy nog vir n vrou n kompliment kon gee sonder vrees. Ek het jare terug op die ingewing van die oomblik vir n vreemde dame in die straat by n blomme verkoper in Kaapstad n bos blomme gegee net omdat ek in n gelukkige bui was.
Haar gesig sal ek nie vergeet nie.
Dit het my laat lekker voel om iemand se dag te maak.
Deesdae as jy vir n vrou veral in die werkplek komplimenteer is dit seksuele teistering. As jy deesdae uit ordentlikheid vir n vreemde dame n deur oopmaak word jy skeef aangekyk.
Op n werksbesoek aan Denemarke wou ek n vrou in ons groep help om swaar kartonne uit n bus te laai toe dink sy ek wil haar molesteer. Die wereld het so siek geword.

HPV ·

Kobus en Kosie, julle is so reg. Jare gelede was ‘n onderwyser vals beskuldig, deur meer as een meisie, dat hy hulle molesteer het. Hy het alles verloor en later selfmoord gepleeg. Een van die meisies het later erken dit was ‘n sameswering en dat hy onskuldig was.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.