Selfaangedrewe motors in 2015 op paaie getoets

Foto: Die dame agter die stuur van ‘n selfbestuur-Volvo lees terwyl die motor sy weg self vind.

Die dame agter die stuur van ‘n selfbestuur-Volvo lees terwyl die motor sy weg self vind. Foto: thegreencarwebsite.co.uk

Nederland gaan volgende jaar op baie klein skaal voertuie op ’n proefgrondslag op die paaie toelaat wat hulself bestuur, berig ANP.

Die toetse sal op paaie in die omgewing van Ede en Wageningen gedoen word. Verskeie fabrikate werk daaraan om motors en vragmotors só met rekenaartoerusting toe te rus, wat ook met die toerusting in ander voertuie kan kommunikeer, dat bestuurders onnodig sal wees.

Die rede is eenvoudig. Na raming word meer as 90% van alle voertuigongelukke deur menslike faktore veroorsaak. Verwyder die mense agter die stuurwiel, en die ongelukke behoort dramaties te verminder.

So ver bekend was daar nog geen ernstige ongelukke waarby die prototipes betrokke was nie.

Lees die volledige berig in Trouw.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Patat ·

Ek weet darem nie of ek veilig sal voel as iemand nie in beheer van die voertuig is nie.

Patat ·

lol… Dit is ook baie waar. Ek dink ek gaan liewer vir my ‘n “Jan-Tuisbly” karretjie aanskaf.

Nico ·

Ek is ook een van die ouens wat net veilig voel as ek agter die stuur sit. Spesifiek as my vrou of dogter bestuur. Hoe weet ek daardie rekenaar is nie deur ‘n vrou geprogrameer nie?!!

Pieter ·

Jy vergeet dit is ‘n vrou wat geboorte aan jou geskenk het. Dink jy iemand anders sou dit beter kon doen. Beslis nie ‘n man nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.