Selfmoord-helper: Dit sal fantasties wees, sê man in boodskap

Argieffoto

Die 18-jarige man van die deelstaat Utah in die VSA wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn vriendin help selfmoord pleeg en dit toe verfilm het, het na bewering aan ʼn vriend in ʼn SMS-boodskap gesê dit sal wees soos “om skotvry daarvan af te kom”.

Tyerell Przybycien  is aangekla van moord en die skending van ʼn lyk.

Hy het Donderdag die eerste keer weens die voorval in die hof verskyn waar ʼn regter sy borgtog van $20 000 (ongeveer R260 000) na $500 000 (ongeveer R6 600 000) verhoog het.

Volgens die verslag het Przybycien al die items gekoop waarmee sy vriendin (16) haar gehang het, voor hy haar selfmoord verfilm het.

Volgens getuienisse het hy aanvanklik eers in ʼn SMS-boodskap aan ʼn vriend gevra wat ʼn mens moet doen wanneer iemand wil selfmoord pleeg. Die antwoord was: “Oortuig hulle om dit nie te doen nie.”

Przybycien word egter daarvan beskuldig dat hy haar geensins probeer oorreed het nie, maar in dieselfde boodskapreeks gesê het hy wil haar help doodmaak, “want dit sal fantasties wees”.

Die aanklaer, Chad Grunander, het verder in die hof gesê kinderpornografie is ook in die beskuldigde se besit gevind, hoewel dit nie beelde van die oorledene was nie.

Die 18-jarige verskyn weer oor ʼn week in die hof.

Bron: CBS

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Kollie ·

Klink vir my belaglik dat hy van moord aangekla word (hy’t nie die daad gepleeg nie en haar ook nie gedwing nie). Ek stel voor ‘n nuwe misdaad word gedefinieer vir sulke tipe gevalle, iets soos Aanhitsing om moord te pleeg.

Nee wat ·

Nee wat, dit is moord met haar hande, hy is skuldig. Hy wou en met opset en voor edagte rade, hy is net so gevaarlik soos n reeks moordenaar. Bly hy is gevang.

al ·

Kyk SA het siek mense, maar gelukkig het ons nog nie só n siek geval gehad nie. Hy was absoluut om ñ perversie en sadisme uit haar selfmoord te put.

t ·

@al – Jy weet maar netnie daarvan nie. Wees dankbaar daar word nog ‘n mate van “sensuur” toegepas. Hoe dink jy lyk dit by van die plaasmoord tonele? Hoe siek dink jy is die individue wat sulke moorde pleeg? Dit laat hierdie berig soos ‘n dag by die kleuterskool klink.

Valerie ·

Die Mense Regte Kommissies sal die ou beskerm; sal boonop ‘n held van hom maak en ‘n Google Dag na hom vernoem. Siek lot.

Libbie ·

Ja want sy regte is belangriker as ander sn. Samelewing se regte vou en val voor misdadigers se regte. Laat die eenogige liberale waardes val!

Aneja ·

As hy nie gehelp het nie het sy nog geleef. Gesien in die lig van sy boodskappe en porno was hy dalk die rede.

antoinette ·

Ek sal se hy het haar gehelp so hy is skuldig. Hy het die goed gaan koop die tou se lus geknoop.Hy kon haar moed ingepraat het maar eerder n video gemaak.Daar is net 1 woorde hy is siek het genotype daaruit geput.

Mr P ·

Kom kuier in SA op n plaas hier maak hulle jou gou dood en nog verniet ook.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.