Selfmoord in krokodil-dam

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 65-jarige vrou van Thailand het selfmoord gepleeg deur by ʼn gewilde toeristeplaas in ʼn dam vol krokodille te spring.

Die voorval het Vrydagoggend vroeg op ʼn plaas in Bangkok, wat ook as ʼn dieretuin bedryf word, plaasgevind. Besoekers kan die reptiele van ʼn voetpaadjie af voer.

Die vrou het van die voetpaadjie in die dam ingespring. “Daar is ongeveer 100 krokodille in die dam,” het Preecha Iam-nui van Samut Prakan-polisie, aan AFP gesê. “Haar suster het gesê sy het aan depressie gely.”

Veiligheidsmaatreëls is gewoonlik slap by toeriste-aantreklikhede in Thailand. Die betrokke plaas se heinings is baie laag en selfs kinders kan die krokodille voer.

Werkers vermaak besoekers deur op die reptiele te lê of hul arms in die krokodille se bekke te druk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

GA Toerien ·

Krokodil is n gesogde dis in Thailand . Van die duurste restaurante het krokodil op hul spyskaart .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.