Senior Fifa-amptenare vas vir korrupsie

Argieffoto

Argieffoto

Minstens ses van die Internasionale Sokkerfederasie (Fifa) se top-amptenare is vroeg Woensdagoggend in hul hotelbeddens aangekeer op aanklagte van bedrog, omkopery en geldwassery.

Die ses aangekeerde amptenare was in Zürich, Switserland, waar Fifa-afgevaardigdes vir ’n vergadering saamgetrek is. Twee van die aangekeerdes, Eduardo Li en Eugenio Figueredo, is adjunk-presidente van Fifa.

Die inhegtenisnemings volg ná ’n drie jaar lange ondersoek deur die Amerikaanse federale speurdiens (FBI). Die aangekeerdes sal nou aan die VSA uitgelewer word.

Die media meld betekenisvol dat Fifa se grootbaas, Sepp Blatter, nie onder die aangekeerdes tel nie.

Die inhegtenisnemings hou blykbaar nie verband met volgehoue berigte dat Rusland, wat die toernooi in 2018 aanbied, en Katar wat in 2022 die gasheer is, omkoopgeld betaal het nie. ’n Groot ondersoek deur die Amerikaanse juris, Michael Garcia, het tot die slotsom gekom dat daar nie voldoende bewyse was nie.

Fifa sal later vanoggend ’n nuuskonferensie hou.

Bronne: Trouw,  The Guardian

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Theresa ·

Ag maar die self-help-sisteem is ‘n wonderlike ding……………………………..

zahn ·

Ai tog, hulle moenie te diep krap nie, daar sal ‘n hele paar SA name ook uitdop..

jacques ·

Wat die USA dan te doen met Fifa hulle speel dan amper nie eens sokker nie.Daar moet iets agter die storie wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.