Sepp Blatter en kie het glo £55 miljoen ontvang

Sepp Blatter. Foto: pressandjournal.co.uk

Sepp Blatter. Foto: pressandjournal.co.uk

Voormalige Fifa-beamptes Sepp Blatter, Jerome Valcke en Markus Kattner het oor vyf jaar glo buitensporige verhogings en bonusse ontvang.

Die BBC berig dié sokkerbeheerliggaam het die kontrakte van voormalige president Blatter, afgedankte sekretaris-generaal Valcke en afgedankte direkteur van finansies, Kattner, bekend gemaak ná ʼn klopjag deur die Switserse polisie.

Fifa se prokureurs het gesê daar is bewyse dat die drie mans ʼn “gekoördineerde poging” aangewend het om hulself tussen 2011 en 2015 te verryk.

Lees meer: BBC

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Jef ·

Toe die sokker stadions in SA gebou is moes mense wat winkels en stalletjies gehad het verdwyn want op die plek moes daar n stadion gebou word niemand het kompensering gekry nie.
Mense wat aan die stadions help bou het, is onder betaal en nou hierdie selfverryking van bestuurders, n skande .
Sokker is en was altyd al n groot korrupte besigheid en dan praat ek nod nie eers oor die salarisse van sokker spelers nie,

Tiger ·

As die geld wat die 10 nuwe sokker stadions gekos het gebruik was om eerder die land mee op te bou was ons nou ‘n baie beter land gewees.Die sokker werewld beker het NIKS vir die land beteken nie.Net skandes.En daai Blatter gespuis en kie hoort almal agter tralies vir hul aandeel.Nie een van daai stadions kan nou teen ‘n wins bedryf word nie!Daai geld so meer sin gemaak het as daar hop huise mee gebou was.

Hasie ·

Weereens ‘n vrot besluit deur die regering deur hierdie klomp stadions gelyktydig te bou, maar die geldskeppets kon nie wag om te skep nie.

Pietsepan ·

Hierdie berig het niks met die stadiums in ons land te doen nie. Dit wys maar net hoe korrup hooggeplaasde blankes kan wees. Steeds is dit ‘n godskrynlike skande.

geregtigheid ·

En vir die wêreld het hy herhaaldelik gesê ek is onskuldig! Nie een dollar of pond kan hy graftoe saamvat MAAR SONDES GAAN SAAM Hy het geweet hy doen verkeed so SAL HY MOET OP ANTWOORD. Na baie lag en lieg kom HUIL. Siestog.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.