September vanjaar die warmste nóg

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Verskaf)

Europese wetenskaplikes het bevind dat September wêreldwyd die warmste Septembermaand was wat nóg aangeteken is.

Copernicus Climate Change Service, ʼn interregeringsagentskap wat deur die Europese Unie ondersteun word, het Dinsdag gesê September vanjaar was gemiddeld 0,63 °C warmer en 0,05 °C warmer vergeleke met September verlede jaar toe dit óók in daardie stadium die warmste September op rekord was.

Die agentskap se satellietwaarnemings dateer van 1979 en die gemiddeldes word bereken met behulp van data wat strek vanaf 1981 tot 2010.

Daar word verwag dat hierdie jaar as die warmste jaar nóg in Europa aangeteken sal word, selfs al begin die kwik daal.

Argieffoto

Die Siberiese Arktiese gebied het ook veral vanjaar in September warmer temperature as gewoonlik beleef. Die ys het boonop vanjaar vinniger as normaal gesmelt weens wydverspreide bosbrande, onder meer in Kalifornië.

Volgens wetenskaplikes is September die maand waarop die ysomvang op sy laagste is – ná die somersmelt en voordat dit weer vries in die winter.

Die Midde-Ooste, Suid-Amerika en Australië het ook verlede maand bogemiddeld warmer toestande beleef.

Bronne: BBC, Sky News, The New York Times

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Dirk Mostert ·

Met laat sneeuvalle in Australie en Nieu Seeland en vroee sneeuvalle in die VSA en Europa?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.