Serena Williams het Saterdag Garbine Muguruza van Spanje geklop en haar sesde Wimbledon-trofee ingepalm.
Die 33-jarige Amerikaner het Muguruza 6-4, 6-4 gewen.
Williams het in haar loopbaan al byna elke mylpaal behaal. Sy het verskeie enkel- en dubbelspeltitels ingepalm by elk van die vier Grand Slam-toernooie, die Australiese Ope, die Franse Ope, Wimbledon en die Amerikaanse Ope. Sy het ook goue medaljes ontvang by die Olimpiese Spele in enkel- en dubbelspeltitels.
Williams het nou, vir die tweede keer in haar loopbaan (ook in 2002/03) die vier Grand Slam-titels behaal. Die enigste ander spelers wat dit kon regkry is Steffi Graf (1988/89 en 1993/94) en Martina Navratilova (1984/85).
Roger Federer en Novak Djokovic sê mekaar Sondag die stryd aan in die mansfinaal op Wimbledon.
It took a while for her and the crowd to realise it was over, but this was the moment Serena Williams won her sixth singles title at #Wimbledon.
Posted by Wimbledon on Saturday, 11 July 2015