Ses mense is Woensdag dood toe drie voertuie teen ‘n trop olifante in Thailand gebots het.
Die ongeluk het in ‘n woud in die provinsie Rayong gebeur, berig die Bangkok Post. Een van die olifante het ook ‘n gebreekte been opgedoen, en is na ‘n veearts geneem, maar moes van kant gemaak word.
Die olifante het uit ‘n natuurgebied gedros, en bewaarders was reeds besig om na hulle te soek toe die ongeluk by die Khao Anglunai-wildreservaat plaasgevind het. Die olifante was vermoedelik onderweg na palm- of pynappelplantasies.
Bron: ANP