Ses dood, talle beseer in ontploffing by Kaboel-lughawe

‘n Lugskoot van die gebied rondom die Kaboel-lughawe (Foto: AFP)

Minstens ses mense is dood en talle beseer in twee ontploffings Donderdag in Kaboel, Afghanistan. Drie van die oorledenes was glo Amerikaanse amptenare.

Die eerste van die ontploffings was naby die Baron-hotel, digby die lughawe, waar Britse soldate en burgers tuisgaan. Geweerskote is ook by die hotel gehoor. Daarna was daar ook ʼn ontploffing in die rioolwatersloot by die lughawe.

Volgens Amerikaanse owerhede was die ontploffings selfmoordbomontploffings.

Die Taliban het vroeër die week gewaarsku dat buitelandse magte nog net ’n week het om hul landsburgers uit Afghanistan te verwyder. Die Taliban het dié sperdatum as ’n “rooi lyn” bestempel.

Talle Afghane het by die hekke van die lughawe byeengekom om toegang tot die lughawe te verkry, wat die enigste uitweg uit die land is sedert die Taliban Kaboel oorgeneem het.

Die Amerikaanse ambassade in Kaboel het gesê dat Amerikaanse burgers wat by die Abbey-hek, die Oostelike hek of die Noordelike hek van die lughawe was, onmiddellik dié gebiede ná die ontploffing moes verlaat.

Chaos het by die lughawe uitgebreek.

“Toe mense die ontploffing hoor, was daar totale paniek. Die Taliban het toe in die lug begin skiet om die skare by die hek te verdryf,” het ʼn ooggetuie aan AFP gesê.

“Ek het gesien hoe ʼn man met ʼn beseerde baba in sy hande hardloop.”

Die VSA is glo vroeër gewaarsku oor ʼn moontlike aanval op die lughawe en die land het burgers gewaarsku om weg te bly van die lughawe.

Lees die vorige berigte oor die chaos in Kaboel hier.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Elinette ·

Ag, ja – en Donald Duck (Trump) het natuurlik veel beter gedoen ….

Pieter ·

Skandalig hoe die land behandel word. Kaboel was 50 jaar terug die Parys van Asië. Maar net so in die riool gestort deur die buiteland as Suid Afrika en gee nie ‘n duit om nie, want destabilisasie is die wagwoord.

Christine ·

Teen gisteraand het die dodetal reeds op 40 gestaan. Die bloed is aan Biden se hande….

marius ·

Die gesiglose vyand wat geen weermag , maak nie saak hoe magtig , kan teestaan nie .

gpsa ·

Jy is reg Marius, terrorisme is amper onmoontlik om te beveg.

piet ·

Aai – Trump het net 80 myl se nuwe strukture opgerig tydens sy termyn voordat befondsing (gedurende sy eie termyn) daarvoor gestaak is . Die res van die 452 myl – grenslyn het reeds bestaande strukture gehad. Dit wil ook eintlik voorkom of Trump se idee van ‘n muur eintlik maar ander versperrings soos drade, ens. was. So, hy het klaaglik misluk met sy beloftes van die “muur”.

Swerwer ·

Jakkals verander van hare maar nooit van sy streke nie! Biden moes nooit aan bewind gekom het nie, maar dit is nou tipies.

gpsa ·

Amerika kon nie nog 100 jaar daar aanbly nie, ek sou hulle ook laat onttrek het. Al 20 jaar daar ten eie mense se lewers en masiewe hoeveelheid geld. Amerika het vir hulle ‘n groter weermag opgebou as die taliban sin en toe daar moeilikheid kom los hulle wapens en uniforms en hardloop. Ek blameer nie Amerika in die geval nie. Dink net hulle moet pasop dat die Taliban hulle nie aanval nie.

Toy ·

Mense het Trump mos sleg gese, nou kyk wat het Biden nou veroorsaak, daar is Suid-Afrikaners ook daar wat vrees vir hul lewe en nie weet of hul lewend daar gaan uitkom nie. Biden voel ‘n ronde nul vir die mense wat vasgekeer is daar, hy gaan hou liewers vakansie.

piet ·

Wat sou Trump gedoen het? Die troepe is al gedurende sy tyd begin onttrek. Die VSA het LANKAL besluit om te onttrek. So of hulle nou onmiddellik onttrek het of oor 6 maande, kan nie die verskil sien nie. Taliban vat oor as VSA onttrek.

Jack ·

Biden se optrede met die ontrekking herinner sterk aan die versuim van die sapd tydens die slooptogte in durban en gauteng. Dit lyk so of dit beplan is om so te wees andersins plaas ek n vraagteken op sy bevoegdheid. Hy gaan weer die oorlog moet begin. Jy kan nie met ekstrimiste onderhandel nie. Hulle het geen morele kompas nie.

piet ·

VSA het lankal besluit om te onttrek, wat maak dit saak wanneer hulle weg is. Taliban vat oor sodra hulle weg is.

JohanR ·

Hoop die ou het ‘n lekker aand saam met sy 21 maagde spandeer!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.