Ses jong mense sterf toe balkon meegee

Die balkon. Foto: Facebook

Die balkon. Foto: Facebook

Ses jong mense is dood en sewe beseer nadat ʼn balkon van ʼn woonstel in Kalifornië, Amerika meegegee het en hulle sowat 50 voet (15 meter) ver geval het.

Volgens berigte was 13 mense op die balkon tydens ʼn 21ste verjaardagpartytjie toe dit meegegee het. Die polisie het sowat ʼn uur voor die tragedie ʼn oproep ontvang oor harde musiek wat by die woonstelblok speel.

Die oorledenes is geïdentifiseer as Ashley Donohoe (22) van Kalifornië, Olivia Burke, Eoghan Culligan, Niccolai Schuster, Lorcan Miller en Eimear Walsh, almal van Ierland.

Die balkon het, nadat dit meegegee het, op die vierde verdieping se balkon, op die volgende vloer geval. Mense het intussen blomme en kaartjies in die straat voor die woonstelblok neergesit ter nagedagtenis aan die oorledenes.

“My hart breek vir die ouers,” het Enda Kenny, Ierland se eerste minister, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Sune van Heerden ·

Dagsê HFC

Ons vra groot om verskoning vir die flater. Dit is inderdaad 50 voet (15 meter), en nie 50 meter nie.
Ons wysig die berig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Peet Schabort ·

Ek verstaan dat hier by ons is daar wetgewing in die pyplyn (indien dit nie reeds bestaan) om die bouer, argitek, bouinspekteur ens. verantwoordelik te hou vir sulke gebeure. Dit sal sover gaan dat hulle vervolg sal word indien skuldig maak nie saak op watter stadium van hulle lewe, selfs al sit hulle afgeleef in ‘n ouetehuis.
Daar behoort iemand met meer kennis as ek te wees wat hierop kan antwoord.
Dit is tragies om sommer net so weens nalatigheid dood te raak maak nie saak hoe lekker die partytjie was (in hierdie geval).

Gesie ·

Dis regtig ‘n hartseer ongeluk en my hart gaan uit na die jongmense se geliefdes. Ek wonder net – die balkon lyk bietjie klein en waarskynlik nie ontwerp om die gewig van 13 mense te kon gedra het nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.